Kinders met gestremdhede ondersteun

Drie-en-dertig werknemers van die Capricorn Groep het een oggend by die Side by Side Early Intervention Centre spandeer om vrywillige werk te doen.

Die werknemers het ’n sensoriese pad buite in die vars lug vir die kinders gebou. Die pad word gebruik om kinders met sensoriese integrasie-kwessies te help om hul kognitiewe vermoëns te bevorder.

Hulle het krytborde en buitebande vir die tuin geverf. Die werknemers het ook tyd saam met die kinders deurgebring en prettige ontwikkelingsaktiwiteite gedoen.

Voor die groep se besoek aan die sentrum het hulle die konstruksie van opritte (ramps) ondersteun. Dit sal toegang tot klaskamers en alle gebiede van die sentrum vir rolstoelgebruikers moontlik maak.

Die dag is gekenmerk deur speel, lag, harde werk en dankbaarheid. Die sosiale interaksie was betekenisvol vir die kinders, onderwysers en die vrywilligers.

“Alle kinders het liefde, ondersteuning en versorging nodig. Kinders met spesiale behoeftes het ook ’n positiewe omgewing nodig wat hulle help om ’n sterk sin van eiewaarde te ontwikkel en selfvertroue op te bou. Ons ervaring hier het ons oë oopgemaak veral hoe die toegewyde en passievolle personeel van Side by Side, wat vele as gestremdhede sou klassifiseer, as supermoondhede sien.

“Dis pragtig om te sien hoe elke kind individueel aangemoedig word om teen hul eie pas te ontwikkel en die beste weergawe van hulself te word. Die Capricorn Group Changemaker-uitreikprogram bied platforms aan ons werknemers soos hierdie besoeke om hul tyd vrywillig te gee,” het me. Marlize Horn die groep se uitvoerende beampte: handelsmerk en korporatiewe sake, gesê.

Die Side by Side Early Intervention Centre is ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie wat vroeë kinderontwikkelingsgeleenthede aan kinders met spesiale behoeftes bied met die fokus op opleiding van ouers, gemeenskappe en versorgers om hul kinders die ondersteuning te bied wat hulle tuis benodig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!