Kinders na aan Garth se hart
‘Ons moet op skool in musiekopleiding belê’
Die Namibiër Garth Prince het verlede jaar die gesogde Juno-musiektoekenning in Kanada gewen vir sy kosepalbum Falling in Africa.
Die Namibiër Garth Prince sê hy sal altyd ’n stukkie van sy vaderland in sy hart ronddra, maak nie saak waar die lewe hom neem nie.
Hy woon tans in Kanada waar hy skoolkinders meer oor Namibiese tradisionele musiek leer.
Garth is in Kaapstad gebore as Garth Prinsonsky en het in Swakopmund grootgeword, waar sy eerste herinneringe van musiek vasgevang is.
“Musiek het my van graad 1 af bygebly. My eerste herinnering van musiek is op laerskool toe een van my onderwysers, juf. Beukes, ’n talentkompetisie gereël het. Ek onthou hoe opgewonde ek was om musiek te kan speel,” het hy gesê.
Garth sê hy het daarna meer formele musiekopleiding aan die Hoërskool Westside in Swakopmund ontvang. Hier het hy ook een van sy musikale invloede, die Mascato-jeugkoor, ontmoet.
“Die koor het by my skool opgetree en ek het net die gevoel gekry dit is wat ek moet wees,” het hy gesê.
“Ek het vaardighede en karakter by die koor opgebou. Jy oefen saam met ander mense, so jy leer om met mense van verskillende agtergronde te werk. Behalwe dit wat ek musikaal geleer het, het ek ander goeie vaardighede aangeleer wat ek vandag nog onthou en wat my in ’n mate die mens maak wie ek vandag is,” het hy gesê.
GARTHEO
Garth sou as’t ware hier die ander helfde van die musiekduo Gartheo in die huidige dirigent van die Maskato-koor, Theo Cookson, vind.
“Gartheo was ’n deurslaggewende oomblik. Ons het 20 tot 30 liedjies oor twee jaar gekomponeer en demo’s gemaak wat ons in Suid-Afrika voorgelê het.
“Die uitgewers Universal het selfs vir ons ’n kontrak aangebied, maar weens baie streng voorwaardes in die kontrak het ons dit van die hand gewys. Ek dink dit was ’n baie goeie besluit – ek dink nie ons was gereed nie,” sê Garth.
KANADA
“Om Kanada toe te trek, was een van die moeilikste besluite wat ek nog moes neem. Ek was in daardie stadium in ’n groep Afroshine en ons het goeie kommersiële sukses in Namibië behaal,” vertel hy.
Afroshine was volgens Garth kultureel vermeng en het gepoog om ’n opboudende klank aan die Namibiese musiekbedryf te bied.
Met “hope introspeksie en gebed” het Garth uiteindelik na Kanada verhuis.
Garth het ook sy hart na Kanada gevolg nadat hy sy vrou op ’n toer met die Mascato-koor in dié land ontmoet het.
“Die eerste jare was moeilik. Ek het baie musiek gekomponeer wat my aan Namibië herinner het. My vrou het my ondersteun en my voortdurend herinner sy sou my ondersteun in wat ook al ek gevoel het ek moes doen om my verlange draagliker te maak,” sê Garth.
NAMIBIË
Garth sê hy het tydens ’n besoek aan Namibië in 2018 – na byna ’n dekade in die buiteland – besef Namibiërs het ’n unieke band met musiek.
“Die liefde wat mense vir musiek in Namibië het, is baie anders as in ander dele van die wêreld.
“Die vreugde wat die kinders by die primêre skool in Kuisebmond in musiek gevind het, het my oë oopgemaak. Ten spyte van hul omstandighede het hulle musiek gebruik om van hul emosies te ontsnap. Hulle het my opnuut ’n hupstoot gegee,” sê Garth.
“Ek mis almal – daar is eenvoudig iets wat jy net nie buite Namibië kan kry nie. Ek werk hard om weer huis toe te kom.”
Hy sê dit is juis dié verskille wat hom gebring het tot kindergehore.
“Kanadese gehore is baie ingetoë, maar my musiek is geskep om mense te inspireer. Ek het later begin om optredes by skole te hou saam met my optredes in die aand en binne ’n paar note het die kinders begin doen wat ons in Namibië doen,” het Garth gesê.
Hy het daarna begin om kindermusiek intensief te bestudeer.
JUNO-TOEKENNING
Garth se passie vir kindermusiek sou later lei tot die vrystelling van sy konsepalbum Falling in Africa wat gebaseer is op die kinderboek Grazing Back Home.
Die boek volg die reis van ’n jong seun, Pevu, wanneer hy sy tuisdorp moet verlaat om werk te soek nadat sy skool toemaak het.
Die storie het ten doel om negatiewe stereotipering van swartmense in die kiem te smoor en bied ook aan lesers blootstelling aan die Swahili-taal, volgens die boek se webtuiste.
Hy het ’n Juno-toekenning – ’n nasionale musiektoekenning in Kanada soortgelyk aan die Namibiese musiektoekennings (Nama’s) – met dié album gewen.
“Dit was ’n eer om selfs genomineer te word, maar ek wou aanvanklik nie eens die geleentheid bywoon nie omdat dit so ver van my tuisdorp was. Ek het uiteindelik Toronto toe gevlieg. Daar was ’n paar oomblikke nadat hulle aangekondig het dat ek nou op die rooi tapyt gaan wees wat mense nog na my gesoek het en nie besef het dit is ek wat voor hulle staan nie,’ sê Garth.
“Dit het eers by die huis ingesak en ek het toe besef hierdie was ’n wen vir Namibië.”
Garth glo om kinders aan musiek bloot te stel dit die volgende generasie se kinders voorberei om mekaar deur musiek op te hef.
“Ons moet op skool in musiekopleiding belê – dit móét op primêre vlak begin. Musiek ontsluit ander dele van die brein en kunste en vermaak moet deel word van ’n land se filosofie,” sê Garth.
“Ons moet jonk begin om goeie musiek daar bo te kry. Hoe meer kinders toegang het tot musiekonderrig, hoe beter gaan ons musiek raak.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie