'Klein karretjie' kan
Henriette Lamprecht – Sy totale oorheersing van dié geleentheid op die motorsportkalender in ’n 1967 Renault R8 Gordini – die eerste in Suid-Afrika, 56 jaar met dieselfde eienaar en nommerplaat en sonder om ooit gerestoureer te word – is deel van die legendes van die Franschhoek- en Paarlvallei.
Op papier het dit geen sin gemaak dat Hennie Mostert en sy “klein Franse motortjie” die bekende Paarlse Heuwelren sou kon voltooi nie, wat nog te sê vir jare as die Koning van Paarlberg bekend sou staan.
In ’n Namibiese draai in plaaslike motorsportkringe het Hennie in drie Total Tara-tydrenne die 00-voertuig bestuur en is die pa van die Windhoeker Berto Mostert wat in 2013 saam met Allan Martin in hul J&P Hydraulics S2000 VW Polo 4x4 as die Namibiese Tydren Navigatorkampioen aangewys is. Berto keer vanjaar terug na die Total Tara as jaer.
Maandag is Hennie op wat sy 84ste verjaardag sou wees, as die gevierde Koning van Paarlberg in ’n permanente uitstalling in saal D in die Franschhoek Motormuseum vereer. Sy “bure” is twee van die drie Suid-Afrikaanse Renjaerkampioene wat ses keer op die wenpodium was, John Love en Ian Scheckter.
Ook pryk die nederige “klein Franse karretjie” langs die enigste Suid-Afrikaanse geboude voertuig wat punte in twee wêreldkampioenskap-dissiplines (LDS Ecosse Mk3) behaal het.
Gebore op 26 Maart 1939 was Hennie ’n lewende legende onder motorsportentoesiaste as renjaer en tegniese raadgewer vir almal wat Renault’s gery het. Of hy het Brian Peek in die Volkswagen vs Renault-uitdagingstydren op Killarney die stryd aangesê of ’n Renault Dauphine met Adrian Pheiffer in the Kyalami 9 Hour gedeel en keer op keer bewys, dit is nie die grootte van die motor of die man wat tel nie, maar die grootte van die hart en deursettingsvermoë!
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie