Kleuters verbly bejaardes se harte

600 oumense kry bederfpakkies
Kinders van die Akademia PikkiePark en hul onderwysers, het onlangs besoek by vier ouetehuise afgelê.
Sowat 600 bejaardes van vier ouetehuise in die hoofstad het onlangs spesiale klein besoekers ontvang.

Die besoekers het nie net omgee-en-bederfpakkies uitgedeel nie, maar ook arms vol drukkies en liefde.

Sowat 40 kinders tussen vier en sewe jaar oud van die Akademia PikkiePark en hul onderwysers, het besoek by Eros Manor, Senior Park, Oude Rust en Auas Hills afgelê.

Hulle het omgeepakkies vir ’n ieder en ’n elk gegee en ’n konsert van 20 minute “Ek is slim ouma en oupa” opgevoer.

“Die doel was om die bejaardes te herinner dat hulle nie vergete is nie en om die kinders te leer dat alles nie altyd dieselfde bly nie. Die besoek aan die bejaardes het die kinderhartjies met so veel vreugde en dankbaarheid oorlaai, dat PikkiePark se kinders met vol harte en nuwe ogies teruggekom het om opgewonde vir juffrou van die ouma of daardie oupa te vertel,” het me. Lizel Hohne van Akademia PikkiePark gesê.

“Vir die personeel van PikkiePark was dit nogal hartverskeurend om te sien hoe die bejaardes ons vlugtige kuiertjie geniet het. Ons was hartseer om te verneem dat omtrent 25% van die bejaardes etlike maande laas ’n besoek van enige geliefdes ontvang het.

“Ons het weer eens besef hoe ondraaglik dit moet wees om vir ure, dae, weke selfs maande te sit of lê en wag vir ’n bietjie liefde en omgee. Dink net wat ’n noemenswaardige verskil dit in hierdie verlangende harte kan maak, wanneer individue besluit om byvoorbeeld ’n oupa of ouma aan te neem en te versorg en/of te besoek, wanneer daar tyd is.

“Daar is beslis geen beter oomblik as nou nie, om tyd te maak en af te staan aan diegene wat die Namibië vir ons help vorm en bou het.

“Kom ons gee om en maak ’n verskil, soos die bejaardes vir PikkiePark se kinders, toe hul met baie moeite opgestaan en spesiaal mooi aangetrek het om ons drukkies te gee en te ontvang.”

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!