Kombuisafval word ’n besigheid

Tanja Bause
Die kompos van GreenPlanet Gardening word uit herwinbare materiaal in Namibië gemaak.

Gabi Serrer is nou aan die stuur van dié besigheid.

“My seun, Christof, en sy vriend Victor wou in 2017 Namibië skoonmaak en ’n positiewe impak op die planeet maak. Hulle het besluit om met wurms te boer en om verskeie besighede oor hulle kombuisafval te nader. Ek het nog altyd ’n groot passie vir tuinmaak gehad, my eie komposboks gehad asook my eie wurmplaas. Ek het toe gedoen wat enige ma sou doen en hulle gehelp.”

“Ek het ’n dokumentêr op YouTube oor ’n wurmplaas gesien en die konsep het my aangegryp. Jy vat iets wat niemand wil hê nie, soos onder andere kombuisafval, papier en tuinrommel, en omskep dit in waardevolle kompos,” het Victor gesê.

Hulle het begin om die kompos te maak en Christof en Victor het die sakke met ’n naaimasjien toegewerk. Hulle het die kompos na ’n kettingwinkel in Windhoek gevat en gevra of hulle dit sal verkoop.

“Hulle het dit getoets, my gebel en gesê hulle soek dit op hulle rakke. Dit was natuurlik ’n uitdaging want ons het baie min geproduseer en skielik het die winkel baie van ons kompos gesoek. Ons het onsself egter nie laat onderkry nie en begin woeker,” het Gabi gesê.

Christof het met sy vakmanskap as ’n werktuigkundige begin en nie meer in die komposbedryf belanggestel nie. Victor was in sy matriekjaar en het nog verder kompos gemaak. Hy het egter daarna oorsee gegaan om te gaan studeer en Gabi het die besigheid voltyds oorgeneem.

“Ons het die besigheid in dié stadium al so ver gevat dat ek net gedink het dit is nie ’n opsie om op te hou nie. Ek kon ook nie al die mense wat hulle afval vir ons gee in die steek laat nie.”

GreenPlanet Gardening gebruik onder meer perdemis, versnipperde papier, leë eierhouers, saagsels, koffiemoer, vrugteskille en pulp vir die kompos.

“Dan is daar natuurlik ook die erdwurms wat die kompos vreet, verder verwerk en hulle mis maak dit dan vermikompos.

“Die kompos het ook van die wurms se eiers in, wat beteken onder die regte omstandighede kan jy self wurms in jou tuin hê ná die vermikompos gebruik is.

“Dit is ook goed om wurms in jou tuin te hê aangesien hulle tonnels maak wat lug in die grond vrystel en die grond losmaak

Gabi verkoop benewens haar kompos ook erdwurms. wurmplase en komposbokse.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!