Kunstenaars vir die sakewêreld bemagtig
Sy kuns op ’n tablet ‘minder morsig’ as verf of klei
Oscar Muyanbo glo kunstenaars kán geld verdien terwyl hulle hul skeppende talente tot die maksimum ontwikkel.
“Ek wil ’n platform skep waar jong kunstenaars kan leer hoe om hul kreatiwiteit te gebruik sodat hulle ’n inkomste kan verdien terwyl hulle met hul kuns woeker en skep,” sê Oscar Muyambo (31) van Oscars Art.
“My pa is oorspronklik van Zimbabwe. Hy het my ma leer ken terwyl hy in Rusland op universiteit was en die res, soos hulle sê, is geskiedenis. Ek is in Rusland gebore en het op vyfjarige ouderdom Zimbabwe toe getrek. Toe ek tien was, het ons Namibië toe verhuis. In my hart is ek ’n Namibiër.”
Oscar se ma het hom as vyfjarige nie na ’n gewone kleuterskool gestuur nie, maar na ’n kunsskool.
“Daar het ek geleer met klei speel, hoe om met waterverf te skilder en dis waar my liefde vir kuns begin het. My hele lewe lank was ek op die een of ander manier met verskillende vorme van kuns betrokke.”
Op skool het hy ’n boek gehad waarin hy tydens onderrig geteken en gekrabbel het.
“Die onderwyser het gedink ek is besig met skoolwerk en het my uitgelos. Ek het niemand gepla nie. Ek het stil gesit en in my boek geteken.”
MUSIEK
Op 14-jarige leeftyd het hy ’n vriend gehad wat in digitale musiek belang gestel het en hy het hierin betrokke geraak.
“Nadat ons ’n paar jaar met digitale musiek rondgespeel het, het ons besluit om ’n album te skep en uit te gee. Ons was sommer net twee tieners wat gedink het ons is baie cool en dalk kan ons erkenning vir dit kry.”
Hulle moes ’n voorblad ontwerp en het na opsies gekyk.
“Ons het besef ’n ontwerp kan ontsettend duur wees. Ons het nie die geld gehad nie, maar ek het gereken as ek myself kon leer hoe om digitale musiek te maak, dan kan ek ook myself grafiese ontwerp leer. Ek het dit gedoen en vir die volgende tien jaar geleer.”
“Terwyl ek Photoshop en grafiese ontwerp geleer het, het ek agtergekom daar is ’n nismark vir digitale kuns. Dit was nie so morsig soos om met verf of klei te werk nie en jy kon baie foute maak tot jy die perfekte kunsstuk geskep het. Dis hoe digitale kuns vir my begin het.”
NÁ SKOOL
Op aandrang van sy ouers het Oscar ná skool regte gaan studeer en vandag het hy twee regsgrade, hoewel hy nog nie een dag in die hof gestaan het nie.
“Ek het terwyl ek gestudeer het te veel tyd aan grafiese ontwerp spandeer en besef dis my passie. Ek het agtergekom ek sal as ’n handelsmerkkonsultant wat grafiese ontwerp, kuns en bemarking vir ’n kliënt doen, myself kan onderhou en ek het dié rigting ingeslaan.”
KUNS
“Wanneer jy na kuns van Afrika kyk, is dit gewoonlik van kinders wat sukkel, of armoede; iets wat armoede of swart bemagtiging probeer verkoop. Ek dink nie dis ’n ware weerspieëling van Afrika nie. Ja ons het nie ’n hoë bruto binnelandse produk nie, maar die meeste mense is gelukkig en hulle gaan aan met hul lewe.
“Ek wil ten toon stel hoe majestueus, hoe mooi en hoe ryk ons is. Ek wil iets skep wat mooi is en wat jy in jou huis wil ophang. Iets wat erg Namibies is en wanneer mense na dit kyk, moet hulle sommer weet dis Namibiese kuns.”
Oscar ontwerp al sy kuns op ’n tablet. Hy gebruik foto’s wat hy self geneem het of maak ’n collage van verskillende stukkies wat hy op die internet kry en dan begin hy kreatief speel om sy kunswerke te skep.
“Die voordeel met digitale kuns is dat jy hier ’n neus van iemand kan vat en daar ’n stukkie van ’n kledingstuk kan neem. Dan sit jy alles in ’n collage bymekaar en dan begin ek op my tablet skep.”
“Ek glo daar bestaan nie so iets soos 100% oorspronklike kuns nie. As jy deur die natuur, ’n voël of musiek geïnspireer word, is jy geïnspireer en dit is nie oorspronklik nie.
“Ek voel kunstenaars is kanaliseerders. Ons sien dinge, verwerk dit en sit dit neer op doek of papier as ons weergawe daarvan. Ons stel dit op so ’n manier dat dit ’n emosie uitlok by die persoon wat daarna kyk.”
STUDIO
Oscars Creative Studio word binnekort in Windhoek Wes geopen.
“In die studio kan ek jong kunstenaars en mense alles van fotografie, grafiese ontwerp, multimedia, videomaak en -sny leer. Hulle kan dan ’n inkomste verdien terwyl hulle aan hul kunswerke werk. Ek wil hê dat kunstenaars hulself kan onderhou terwyl hulle skep.
“Ek wil hê ouers moet besef daar is wel ’n toekoms as ’n kunstenaar en dat hul kinders nie noodwendig ’n boemelaar gaan word nie. Ek bied ’n drie maande kursus wat hulle sal bemagtig en in staat stel om ’n inkomste te verdien terwyl hulle skep.”
Wanneer iemand sy kursus voltooi het, kan hulle ’n sosiale bestuurder vir ’n besigheid wees. Hulle kan al die inhoud, advertensies en kopie vir sosiale media skep terwyl hulle ook hul kreatiewe kant gebruik.
Volgens Oscar besef al hoe meer besighede hoe belangrik bemarking op sosiale media is.
“As ek 1 000 jong kunstenaars kan oplei sodat hulle ’n werk as sosiale media bestuurders kan kry, dan is my werk hier op aarde gedoen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie