Laaste eerbetoon aan Polla
Wyle Polla Swart (87), die legendariese natuurbewaarder en oudrugbykaptein van die destydse Suidwes-Afrika, is gister in Windhoek ter ruste gelê. Dr. Callie Opperman het sy begrafnisdiens uit die Gereformeerde Kerk Windhoek-Suid gelei met die gepaste teks Genesis 2:15: “Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.” Opperman het benadruk “ons bly rentmeesters van God se skepping”. Familie, vriende en (oud)natuurbewaarders het van heinde en verre gekom om hul laaste eerbetoon aan die “renostervanger” te bring. Voor dra sy twee dogters Tana Burger (links) en Nardia Coetzee (regs) die kis uit die kerk. Die ander kisdraers is sy skoonseuns André Burger en Schalk Coetzee, kleindogter Laurika Burger en broerskind Kallie Swart. Foto Francoise Steynberg
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie