Leer deur te speel
“My kop was nie regtig oop nie. Ek het ’n basiese kursus in vroeë kinderontwikkeling voltooi, maar nie rêrig geweet wat ek doen nie. Toe Vanessa drie maande gelede by my kindergarten instap met haar leerplan ‘Leer deur Speel’, het sy nie net my lewe handomkeer verander nie, maar ook die van my 30 kinders,” het Susan Matheus van Suzy’s Preschool in Katutura gesê.
Sy het die kindergarten in 2020 geopen aangesien sy toe werkloos was en sy iets vir kinders wou doen.
Sy het nie geweet hom om die kinders te leer nie.
“Ek het vir die kinders gesê one, two en hulle het dit herhaal. Hulle was verveeld en dit het gevoel of hulle nie regtig iets leer nie, maar my net na-aap.
“Nou is hulle opgewonde. Hulle leer deur te speel en ek kan die verandering in hulle sien. Hulle onthou goed en ek kan nou met sekerheid sê my kinders is gereed om skool toe te gaan; iets wat ek nie voorheen kon sê nie,” het Susan gesê.
LEER DEUR TE SPEEL
Vanessa Noterman het jarelange ondervinding met kinders en in vroeë kinderontwikkeling. Sy is die stigter van die voorskoolse en nasorgsentrum Kids at Heart in Windhoek.
“Ek wou nog altyd meer vir minderbevoorregte kinders doen sodat hulle ook skoolgereed is. Ek het ’n leerplan ontwikkel waar kinders leer deur te speel. Ek het net nie die geld om dit by voorskoolse sentrums te implementeer nie.
“Ná my laaste besoek aan België, het ek en Olivier van de Vijver – wat ook ’n passie vir Namibië en sy mense het – oor die leerplan gesels.
“Hy het deur sy besigheid, Xperience Travel, die geld geskenk sodat ek die onderwysers kan oplei en Suzy’s Preschool kan opknap. ’n Skadunet is oor die speelterrein opgerig, elke klaskamer het ’n venster en ’n lugopening gekry, ’n toilet is opgerig en die gebou en terrein is geverf en opgeknap.
“Die twee onderwysers en Suzy het opleiding en opvoedkundige materiaal ontvang. Dit is ’n prettige en eenvoudige manier om kinders te leer. Die dag wat hulle byvoorbeeld die nommer 7 leer, moet hulle die nommer 7 teken, sewe klippies op een hoop sit en sewe skuifspelde vasmaak aan die papier met die nommer 7 op. Dieselfde geld vir die letters.
“Die kognitiewe, fisieke, sosiale en emosionele welstand van kinders en jongmense word verbeter deur te speel. Kinders leer van die wêreld en hulself deur te speel. Hulle leer ook die nodige vaardighede aan om te leer, te werk en karaktereienskappe vir die bou van verhoudings, soos selfvertroue.
“Ek het ’n leerplan ontwikkel wat elke jaar herhaal kan word. Dit is uitgewerk met verskillende lesse vir elke dag en niemand raak verveeld nie.
“Die kinders leer nie net om te skryf en tel nie, hulle kry ook selfvertroue. Die onderwysers doen ook karakterbou-aktiwiteite en kinders leer oor maniere en om om te gee.”
Vanessa se droom is om die kurrikulum in meer voorskoolse sentrums te implementeer, maar ’n tekort aan geld kelder dié plan.
“Dit werk en dit is die beste wat ons vir ons kinders kan doen sodat hulle koppe oop is en hulle die beste fondasie het wanneer hulle skool toe gaan. Wanneer hulle dit nie het nie, kan hulle nie op skool byhou nie. Ons sien dit elke jaar meer en meer. Ek wens ander skole kan soos ek baat,” het Suzy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie