Ndatoolewe Kandjungulume tussen haar studente. Foto verskaf
Ndatoolewe Kandjungulume tussen haar studente. Foto verskaf

Leer musiek fluit-fluit

Tanja Bause
Die Art Performance Centre op Tsumeb (APC) vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar terwyl APC op Oshikuku 31 jaar vier.

Die niewinsgewende organisasie Namibian Art Performance Centres Association (NAPCA) het die APC Tsumeb gestig om jong kunstenaars te bevorder en kulturele groei in die streek te bevorder.

Die sentrum moedig lede van die omliggende gemeenskappe aan om deel te neem aan kunsklasse, soos skilder, ontwerp en musiek. Plaaslike gemeenskapslede word as onderwysers in diens geneem en kinders se kreatiwiteit word ontwikkel.

Een van dié onderwysers is Selma Ndatoolewe Kandjungulume (30).

“Ek het in die noorde van die land grootgeword en ons het as kinders lug in bottels geblaas en dit het so mooi geklink,” het sy gesê.

In 2014 toe sy klaar met skool was, het sy na haar broer getrek wat in Tsumeb bly en vir die eerste keer APC besoek.

“Ek het nie geweet hulle is ’n musiekskool nie. Ek het net die geluide gehoor en gedink dit is baie mooi. Ek het vir die bestuurder, Lis Hidber, ontmoet en vir haar gesê ek is op soek na werk. Sy het my werk in haar huis gegee.”

“Sy het my eendag gevra of ek nie wil leer hoe om ’n instrument te speel nie en ek het gesê ek wil, maar ek ken nie die naam van die instrument nie. Sy het vir my ’n fluit gegee. Dit het so ’n mooi klank gehad dat ek verlief daarop geraak het. Ek het onmiddellik begin google en YouTube-video’s begin kyk.

“Ek het baie video’s van fluitspelers gesien en elkeen het ’n glimlag op my gesig gesit.”

Ndatoolewe het begin om lesse te neem en het die video’s gebruik om haarself te leer. Vandag speel sy verskillende fluite. Sy het ook probeer om ander instrument te leer speel, maar het vinnig terug na haar gunstelinginstrument gekeer.

Sy het op 22-jarige ouderdom begin om die fluit te speel en vandag gee sy klas vir kinders so jonk as agt jaar oud. Sy het tans 50 studente wat leer om verskillende fluite te speel.

MUSIKWOCHE

Ndatoolewe is verlede jaar vir die sewende keer na die Swakopmund Musikwoche genooi.

“Ek en sewe van my fluitstudente het vir een week soontoe gegaan. In totaal was ons egter 34 van APC wat daar was.”

Volgens haar is dit ’n baie goeie ervaring vir die studente.

“Hulle word aan ander studente blootgestel en leer by die ander. Hulle ruil kennis uit en word deur ander geïnspireer.”

LEER

Ndatoolewe is voortdurend besig om te leer en te oefen. Sy het baie kontak en interaksie met nie net Namibiese fluitspelers nie, maar ook met mense van Duitsland, Switzerland en Oostenryk.

“Miriam is ’n vrou van Switzerland en sy het my per WhatsApp geleer. Sy het my ’n stukkie gegee om te leer, soos die lied Malaika. Ek het dit vir haar per video-oproep op WhatsApp gespeel en sy het vir my raad gegee. Sy het dan vir my huiswerk gegee en ek het geoefen. Dan het sy weer met die volgende les geluister.”

RAAD

“Mense moet nie opgee nie. Druk deur en moet nooit opgee nie al is dit nou moeilik. Musiek maak gesond, bring ons bymekaar en gee ons gemoedsrus.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!