Leerlinge ondersteun sopkombuis
Sentrum ondersteun ook swanger vroue, vlugtelinge
Drie leerlinge van Windhoek Afrikaanse Privaatskool het die Feeding Center in Okuryangava vir hul graad 10-gemeenskapsprojek ondersteun.
Die Feeding Center in Okuryangava wat 20 jaar gelede deur pastoor Antonio Manzambi gestig is om kos aan die kinders van die omgewing te voorsien, het onlangs ’n hupstoot van drie leerlinge van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) ontvang.
Luré Horn, Nika Celliers en Jana-Marie du Plessis, drie graad 10-leerlinge, het besluit om dié sentrum vir hulle graad 10-gemeenskapsprojek te ondersteun.
Tans voorsien die sentrum Dinsdae en Woensdae etes aan meer as 100 kinders. Manzambi en sy dogter ondersteun ook swanger vroue en vlugtelinge wat om hulp kom aanklop. Hulle help die gemeenskap met onder meer tweedehandse klere en komberse, soos hulle skenkings ontvang.
Horn, Celliers en Du Plessis het vir vyf weke elke Maandag 120 toebroodjies, vrugte en koeldrank aan die kinders uitgedeel. Die drie het die geld om die kos aan te koop self deur onder meer die was van voertuie, troeteldiere bad en stap ingesamel. Hulle het ook klere, komberse en speelgoed ingesamel.
“Speelgoed klink miskien nie soos iets wat ‘n dringende behoefte is nie, maar elke kind verdien om te kan speel en lag. Dit wat in vele huise vergete rondgelê het, het die kinders van Okuryangava se harte warm gemaak,” het die drie gesê.
Die drie WAP-leerlinge is dit eens dat die projek vir hulle meer as net “nog ‘n skooltaak” was.
Hulle het eerstehands geleer hoe bevoorreg hulle is om daagliks drie etes te hê, hoe bevrydend dit is om vir iemand iets te doen wat niks vir jou kan teruggee nie en ook om onvoorwaardelik te gee.
Pastoor Manzambi wil graag een ete per dag, sewe dae per week, aan die kinders van die gemeenskap voorsien, maar weens ‘n tekort aan geld is dit tans nie moontlik nie. Belangstellendes kan vir pastoor Manzambi by 081 242 5595 kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie