‘Lewe ontvou in ’n siklus’
Limba Mupetami – In die klein nedersetting /Ao #Ao, sowat 30 km van Tsumkwe, bly ’n vrou met die naam Tjiqgo Gcao.
Op die rype ouderdom van 79 is sy die toonbeeld en simbool van ’n lewe in harmonie met die ritme van die natuur waar oorlewing beide ’n uitdaging en ’n triomf is.
Vir Gcao, ’n lid van die San, is die bos haar lewe lank haar tuiste. Met geen formele opleiding nie, kom Gcao se kennis van die wêreld om haar, waar sy geleer het watter wilde vrugte om te pluk, watter wortels kan sy uitgrawe en watter plante werk vir watter kwaal.
Sy het nog nooit oor ’n loopbaan gedroom nie, want volgens haar ontvou die lewe in die wêreld van die San in ’n siklus – jy word gebore, leef en keer terug na die omhelsing van die aarde. Iets wat op die ou einde ook met haar gaan gebeur, sê Gcao.
’n Miskraam het haar die kans op moederskap ontneem, ’n pyn wat deel van haar wese is en gemaak het dat sy sedert ’n jong ouderdom nie kinders kon hê nie.
Volgens haar het haar eerste man, “’n verskriklike man” haar aangerand wat tot die miskraam gelei het. Sy vind egter vrede in die geskarrel van blare, die gelag van hiënas en die eindelose sterrehemel snags.
Gcao vertel sy het later weer getrou en haar tweede man is ’n goeie man wat haar deur die jare goed behandel het. Sy bly saam met haar man en uitgebreide familie en het haar hut ’n paar meter weg van die jong mense se hutte gebou.
Hier maak sy haar eie vuur saam met haar man en onderhou haarself en die familie met haar pensioen van N$1 200. Laasgenoemde gebruik sy om noodsaaklike items te koop wat haar leefstyl ondersteun.
Soos sy wag op haar maandelikse pensioen, vertel haar dae in die bos ook die verhaal van Gcao se fisieke pyn wat ’n konstante metgesel is en waarvoor sy haar eie ritueel van ’n lemmetjie en salwe het.
Met geoefende hande maak sy snye op haar vel en sit tuisgemaakte salf op volgens die tradisie wat deur haar voorouers aan haar oorgedra is.
Sy het probeer om haar susterskinders te leer om met die tradisie voort te gaan, maar met die wêreld wat al hoe meer moderniseer, is sy nie so seker hulle sal dié ritueel gebruik om pyn te verlig nie.
Gcao se storie vertel nie net die stryd van haar eie reis nie, maar ook die veerkragtigheid van die San.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie