Loslitdag ten bate van babas
Help ma’s om op hul eie voete te staan
Hope for Life se babaskuiling sal hopelik teen die einde van die jaar voltooi wees.
Me. Cornelia Goses is ’n ma wie se lewe drasties ten goede verander het toe die organisasie Hope for Life deel van haar lewe geword het en haar hande gevat het.
“Ek was raad op. Ek het in ’n sinkhuis sonder krag gebly en nie kos vir my twee kinders gehad nie. Ek het ’n SMS aan Hope for Life gestuur en om hulp gevra. Hulle het my besoek en my ma se naaldwerkmasjien het op die tafel gestaan.
“Roslind het gesê ek moet na hulle kantoor toe gaan en dan kan ek veranderinge en herstelwerk aan die kinder- en babaklere doen.
“Dit was ’n jaar terug. Nou het ek werk, my kinders het kos en my meisiekind is in die skool deur hul Send a child to school-projek.”
HOPE FOR LIFE
Hope for Life ondersteun kwesbare ma’s en hul kinders.
Volgens Roslind Schlabitz, bestuurder van Hope for Life, is die organisasie se jongste projek ’n huis en heenkome vir babas.
“Ons beplan die huis al vir etlike jare en hopelik sal dit aan die einde van die jaar voltooi wees. ’n Reusebehoefte bestaan vir so ’n huis. Talle babas moet noodgedwonge uit hul huise verwyder word, maar daar is nêrens plek om hulle te plaas nie. Die huis sal ook ’n bababoks hê waarin ma’s hul babas kan plaas. Ons sal hoor as ’n baba daarin geplaas word, dan kan ons die baba gaan uithaal en versorg.”
Die organisasie gee ook klere, komberse, babadoeke en kos vir kwesbare ma’s.
“Ons wil ook ma’s help om op hul eie voete te staan. Ons kyk watter vaardighede hulle het en hoe ons hulle kan help om dié vaardighede te gebruik om ’n inkomste te genereer.
“Ons wil nie hê hulle moet elke maand op ons staatmaak vir kos nie; hulle moet onafhanklik word.”
Sowat 700 vroue het reeds vanjaar by die organisasie gebaat. Hulle word nie elke maand ondersteun nie, maar net solank soos dit neem om op hul eie voete te staan. Tans ontvang 30 vroue ondersteuning.
“Ons wil die antwoord vir vroue wees wanneer hulle verwagtend is en sukkel. Wanneer die pa weggeloop het, of nog op skool is en nie vir hul baba kan sorg nie; maak nie saak wat die rede is nie. Of as hulle nie ’n inkomste het nie. Ons is nie hier om hulle te oordeel nie; ons is hier om hulle te help en te ondersteun.”
LOSLITDAG
Tydens vanjaar se Loslitdag wat Kanaal 7 aanbied, sal geld ingesamel word vir die nuwe Hope for Life-babaskuiling en bababoks.
Volgens me. Magda Schlechter van Kanaal 7 word Loslitdag op 28 Oktober aangebied.
“Vanjaar se tema is ‘Animasiekarakters’. So almal kan aantrek en die dag geniet terwyl hulle iets goeds doen. Ons verkoop ook vanaf 10 Oktober babafopspeen-lekkers vir N$20.”
Soos elke jaar kan die besigheid en skool wat aan die kompetisie vir die bes geklede deelneem, groot pryse losslaan.
Vir meer inligting kan Magda of Carika by 061 420 850 gekontak word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie