Luke leef sy talent uit
Die kunstenaar Luke Omang sê die gebrek aan geleenthede om sy kunswerke in gevestigde galerye uit te stal, het daartoe gelei dat hy sy kunswerke op ’n straathoek in Liliencronstraat in die hoofstad uitstal.
“Daar word van kunstenaars verwag om vir ons kuns te lewe en dit is ’n uitdaging vir baie kunstenaars wat nie ’n bestaan uit hul kuns kan maak nie,” sê hy.
Luke sê hy stel al van kleins af in kunswerke belang, nadat strokiesprente op skool sy aandag getrek het.
“Ek stel al van skool af in skilderye en strokiesprente belang. Ek hou daarvan om die mooiheid van kleur te wys en om abstrakte emosie te gebruik en meer ekspressiewe kuns te skep,” sê hy.
Luke wat sy hoofinkomste deur sy kunswerk genereer, sê hy is bereid om uit te stal waarheen hy genooi word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie