Lumardo kans gegun om ander te help
Nadat ’n haarkapper van Walvisbaai, Lumardo Mouton, onlangs aangebied het om 50 skoolseuns se hare gratis aan die begin van die skooljaar te sny, gaan Forbes Management van dié kusdorp sy droom om ander te bemagtig, verwesenlik.
Lumardo was haweloos voor hy ’n haarkapper geword het en dit is juis hoekom hy so sterk daaroor voel om haweloses te bemagtig.
“Ek het Walvisbaai toe gekom en in die strate gejol. Ek het elke dag gaan visvang net om te eet. Een dag het iemand na my toe gekom en my geleer om hare te skeer. Ek het by hom geleer en later besef ek kan my eie besigheid begin,” het Lumardo onlangs aan Republikein gesê.
Hy het ook gesê hy wil graag hawelose mense leer om hare te sny sodat hulle ’n inkomste kan verdien en sodoende hul lewensomstandighede kan verbeter.
Met die hulp van Forbes Management sal Lumardo eersdaags drie mense op ’n slag in sy drie maande lange program inneem.
Die program dek al die kostes, en die toerusting wat die haarkapper gebruik, word aan die einde van die program aan hulle geskenk. Lumardo sê ’n volledige stel gereedskap om hare te sny kan tot N$3 000 kos. Diegene wat die program voltooi, sal ook ’n sertifikaat ontvang om te bewys dat hulle die kursus suksesvol voltooi het.
“Dit voel vir my goed om te kan help, omdat ek ook swaargetrek het,” sê Lumardo.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie