‘Mamma Mia’ bewaarheid drome
Jare se harde werk werp vrugte af
Die Namibiër Nadine Bass het hard gewerk om haar pad na dié musiekblyspel in Duitsland oop te kerf.
“Om nou op die Stage Theater Neue Flora in Hamburg op die planke te kan wees, is ’n absolute droom wat waar word. Dan nog vir die musiekblyspel Mamma Mia – dit is meer as wat ek ooit kon hoop.
“Ek het natuurlik al dikwels daarvan gedroom om deel van sulke groot musiekproduksies te wees, maar tot nou toe het dit net gelyk soos iets wat nog ontasbaar is, want jy wil dit só graag hê.
“Selfs na amper twee maande in die teater is dit nog ongelooflik dat ek nou hierdie droom ses dae per week kan uitleef,” het Nadine Bass (23) van Namibië gesê.
Mamma Mia sal tot 21 Januarie 2024 in die aande vanaf Dinsdae tot Sondae opgevoer word asook Saterdae en Sondae in die middae.
Nadine is in haar tuisland en veral in die musiek- en danswêreld nie onbekend nie. Sy het in Los Angeles in die VSA aan die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste deelgeneem en in Duitsland aan The Voice Kids-kompetisie. Sy het haar debuutalbum Just Believe en musiekvideo op die ouderdom van 12 opgeneem.
DUITSLAND EN MAMMA MIA
Vyf jaar gelede het Nadine Hamburg toe getrek om in musiekblyspele op te tree.
“In Mamma Mia is ek by verskillende afdelings betrokke. Ek is hoofsaaklik ’n ensemblelid. Die ensemble bestaan uit al die rolle behalwe die hoofrolle wat die verhoog vul. Ek dans en sing in verskeie groepnommers en is verantwoordelik vir spesifieke items wat in sogenaamde “set changes” geskuif moet word, soos stoele, tafels en ander items.”
“Ek is ook die instaanspeler vir die hoofrol van die jong Sophie. Dit beteken ek neem die rol oor wanneer die hoofaktrise met vakansie is, af is of dalk siek word. Ek staan dan vir haar in.
“Ek het baie om as akteur in die rol van Sophie te doen. Ek is in talle tonele en sing baie liedjies, maar Sophie dans ook in ’n paar nommers.”
Nadine sê die pad na so ’n musiekverhoog is nie sonder sy uitdagings nie.
“Alhoewel die musiekbedryf in Duitsland dit vir jou maklik maak om self oudisies te vind en te doen, is dit ’n ander storie om vir die oudisies genooi te word.
“So baie gebeur deur verhoudings en kontakte. Aan die begin het ek uiters hulpeloos gevoel, want as ’n meisie van Namibië het ek natuurlik niemand geken nie en is ook nie opgelei by enige instituut of onderwysers wat hier bekend is nie. Deur verskillende werksessies by te woon, het ek egter ’n beter oorsig van die mense in die bedryf gekry.”
“Afgesien van die gesukkel om na oudisies genooi te word, kan die hele aansoekproses natuurlik spesiaal en uiters stresvol wees.
“Net die feit dat ons gereeld vir nuwe rolle moet aansoek doen en onsself so te sê as ’n “produk” moet bemark, is iets vreemds waarvan jy jouself moet distansieer. Dan is daar die konstante kansellasies.
“Dit is belangrik om te besef dat dit nie persoonlik is nie. Miskien moet mens ook sê dat die pad nooit na ’n doel lei nie. Selfs noudat ek tot Januarie werk het, is ek terselfdertyd besig met oudisies en aansoeke, want hierdie rol waarborg my niks na Januarie nie.”
DIE BEGIN
Alles het begin toe Nadine se ma haar op vyfjarige ouderdom vir ballet en blokfluitlesse ingeskryf het.
Sy het op die ouderdom van agt saam met haar familie in Duitsland vakansie gehou en hulle het saam op die verhoog van ’n trefferprogram opgetree.
“Ná die optrede het ek vir my ma gesê ek wil sing, en sedertdien het ek sanglesse in verskeie musiekgenres geneem. Dans en musiek het ook deel van my lewe gebly. Ek het oor die jare ritmiese gimnastiek, baldans en Latynse dans, ballet, moderne, kontemporêr, jazz en hip-hop gedoen.
“Ek het instrumente soos kitaar, klavier, fluit en ook blokfluit gespeel. Ek noem dit my tweede skoolloopbaan, want dit het op die ou einde regtig baie geword. Ek was ook besig om my Abitur (’n kwalifikasie wat aan die einde van sekondêre onderwysopleiding in Duitsland toegeken word) aan die DHPS te doen.”
“Miskien was dit hardkoppigheid wat my tydens my Abitur dit alles laat aanhou doen het, maar dalk ook ’n diep wete dat dit my roeping is of moet wees.
“Ná skool kon dit nie vinnig genoeg vir my gaan nie. Ek het dus ingeskryf vir ’n verkorte eerste jaar van opleiding sodat ek dadelik in Januarie opleiding as musiekaktrise kon kry en nie tot Augustus hoef te wag nie.”
Die opleiding was vir twee en ’n half jaar en Nadine het ’n deeltydse werk in die gasvryheidsbedryf gaan soek. Terselfdertyd het sy aangegaan met haar dansklasse en om sang en toneellesse te neem. Sy het ook oudisies bygewoon.
“Dit is wat my na Mamma Mia gelei het, waar ek – snaaks genoeg – ’n paar keer in November saam met Stefanie Hertel, ’n Duitse sangeres, as gasaktrise op die verhoog sal wees. Sy was saam met ons by die mylpaal-vertoning in 2008 op die verhoog.”
RAAD
“Dit is belangrik om altyd by jou eie waarheid te bly. Wie ek is, wat ek van myself weet en wat kan ek doen of nie doen nie.
“Want as jy altyd eerlik is, introspeksie hou en alles hanteer wat van buite en van ander mense af kom, kan jy onderskei tussen nuttige, regte en konstruktiewe kritiek, subjektiewe menings, en onbelangrike en onaangename kommentaar.
“Dit hou spesifiek verband met die werk, maar ek dink dit kan ook van toepassing wees op die lewe in die algemeen.”
Nadine sê ook dat kuns subjektief is.
“Net omdat iemand nie hou van die manier waarop jy iets sing, speel of dans nie, beteken dit nie altyd dat jy iets verkeerd doen nie. In baie aspekte van toneelspel is daar nie ’n reg of verkeerd nie, net persoonlike smaak.
“Jy het in hierdie beroep nooit regtig klaar geleer nie. So ek dink dit is belangrik om altyd pret te hê en dissipline te handhaaf, want dit gaan of kan altyd verbeter en dit is dikwels in jou hande of dit sal gebeur of nie.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie