marthastewart
marthastewart

Martha Stewart kies Namibië vir Kersfees

Henriette Lamprecht
Die bekende Amerikaanse sakevrou, skrywer en televisiepersoonlikheid Martha Stewart het Namibië gekies om Kersfees saam met haar familie te besoek. Die eksklusiewe Ongava Game Reserve het ‘n foto op hul Facebookblad van Stewart saam met personeel gedeel en sê “hulle het ‘n paar magiese dae op Little Ongava bestee en onvergeetlike herinneringe geskep, terwyl hulle die skoonheid van Namibië se landskappe en wildlewe ervaar”.

Volgens Ongava was dit ‘n voorreg om die feesseisoen met so ‘n bekende voorstander van skoonheid, kreatiwiteit en avontuur te bestee.

Die Britse poniekoerant Daily Mail het ook foto’s van die 83-jarige Stewart se besoek aan Afrika gedeel wat verskeie plasings op Instagram hieroor gemaak het. Stewart het ook ‘n foto van ‘n helikopter gedeel waarmee sy die Skedelkus besoek het.

In ‘n plasing aan haar 2,5 miljoen volgelinge skryf Martha “ons het twee ure bestee om laag oor die weskus van Namibië se “mooi landskap te vlieg met olifante, kameelperde, robbe, flaminke en selfs leeus! En die landskap – sandkastele! Rotsformasies, palmbome.”

Stewart is die stigter van Martha Stewart Living Omnimedia wat fokus op die huis en gasvryheid.

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!