Mauritins Murenga besig met nog een van sy skeppings. Foto Tanja Bause
Mauritins Murenga besig met nog een van sy skeppings. Foto Tanja Bause

Mauritins wil die jeug oplei

Tanja Bause
“Baie jongmense hou my dop wanneer ek ’n mat weef. Hulle stel belang om die kuns te leer. My toekomsdroom is om my eie weefraam te besit en die jeug van Ondangwa te leer hoe om te weef,” het Mauritins Murenga (57), een van die wewers van African Kirikara Art & Craft, gesê.

Mauritins is op Rundu gebore en ná skool het hy Windhoek toe gekom om by sy broer te woon, op soek na werk en ’n beter lewe.

“Ons was in Rehoboth toe ons hoor van ’n plaasvrou wat mense soek om as wewers op te lei. Ek het na die plaas Kiripotib in die Dordabis-omgewing getrek en op 24-jarige ouderdom met my opleiding begin.”

KIRIKARA

Claudia von Hase het in 1988 begin om die Kirikara-matte te maak. Wewers moes ’n vakleerlingskap van tot drie jaar voltooi.

“Ons wewers begin met suiwer, geskeerde wol van die hoogste gehalte en ook van uiterste duursaamheid. Van die spin, die kleur- en weefprosesse, tot by die finale produk word alles met die hand gedoen. Die ontwerper kies uit ’n spektrum van meer as 200 kleure; van beide sterk en subtiele kleure, primêre en pastelle. Natuurlike skakerings staan in kontras met kleurvolle voorstellings. Die patrone self is bewyse van talle diverse kulture en persoonlike ervarings. Ons kan ’n mat weef volgens jou persoonlike spesifikasies,” lui African Kirikara Art & Craft se webwerf.

Mauritins het vir 13 jaar op Kiripotib geleer en gewerk. Hy sit nou by die Kirikara-winkel in Eros en weef sy matte.

Kliënte kan hom daar kom sien en met hom oor ’n mat gesels.

“Ek ontwerp die matte self. Ek kan dit volgens die kliënt se spesifikasies ontwerp of hulle kan ’n patroon vir my bring en dan maak ek die mat. My persoonlike gunsteling is duine. Ek hou daarvan om hulle op ’n mat te sit. Duine is al amper so lank as wat ek verstand het deel van my lewe. Ek het hier tussen die duine grootgeword en die rivier en hoe dit daar lyk. Rundu is nie meer in my bloed nie, dit was te lank terug,” het hy gesê.

Die grootste mat wat hy maak is 3 m x 4 m en dit neem hom sowat twee weke om te voltooi.

DROOM

“Ek wil op my eie voete staan en ander jongmense oplei. Daar is twee weeframe in Ondangwa wat ek kan koop en dan kan ek my eie besigheid daar begin. Ek is nog besig om die geld vir die weeframe te spaar. Ons moet die land opbou en deur die jeug op te lei, doen ons dit. Ons moet saam staan en hierdie mooi land van ons vorentoe vat,” het Mauritins gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!