Mbumba - 'Katrina 'n vrou van oortuiging'
Katrina Hanse-Himarwa, wat 'n buitengewone lewe gelei het, is Saterdag op noukeurige en georganiseerde wyse op haar tuisdorp Mariental begrawe waar president Nangolo Mbumba haar as 'n vrou van inbors beskryf het. Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur is vroeër vandeesmaand aan kanker dood.
Hanse-Himarwa, ‘n voormalige goewerneur van Hardap en ‘n lid van Swapo se sentrale komitee, is deur baie van haar geliefdes gehuldig as ‘n vrou wat ‘n buitengewone lewe gelei het, toegewyd was tot elke saak waartoe sy haarself verbind het, maar die mees belangrike ‘n toegewyde ma.
Eerwaarde Abraham ?Kheibeb het tydens ‘n gedenkdies op Mariental gesê Hanse-Himarwa is gekasty omdat sy ‘n vrou van oortuiging was en vir die waarheid opgestaan het.
“Solank jy iets goed doen of met mense saamstem, dan is jy ‘n goeie persoon. Maar die oomblik wanneer jy ‘nee’ sê, kan dit nie so wees nie en dan word jy berispe. Die pad wat sy gestap het om hierdie land met haar eie lewe te bevry. Sy het probeer om die nasie op te hef en haar lewe op die spel te plaas vir hierdie vry land van ons. Maar dank God Katrina het nooit opgegee nie, sy het gedoen was sy moet al is sy deur die wêreld berispe. Diè wat naby haar is kan daarvan getuig. Dank God dat wanneer ons vir mekaar gif in ‘n koppie sit, haal Hy dit uit en sit goedheid in daardie koppie,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat vroue mekaar moet ondersteun en aanmoedig en nie teen mekaar draai nie.
“Instede daarvan om mekaar aan te val, vat hande om die land vorentoe te neem. Daar is ‘n neiging dat vroue eerder vir mans sal stem en op vroue sal trap. Katrina het vasgehou aan die liefde van God, sy het deur moeilike tye gegaan,” het hy gesê.
President Nangolo Mbumba, wat die voormalige minister as sy jonger suster en vriend beskryf het, het gesê hoewel die glinster in haar oë nie meer daar is nie, sy eindelose herinneringe agtergelaat het.
“Sy was ‘n vrou van karakter. Sy was ‘n vrou van oortuiging. Sy was ‘n vrou van eer. ‘n Vrou van geloof. ‘n Vrou van humor, warmte en empatie. Sy het nie net ‘n lewe gelei wat goed geleef is nie, maar een wat wonderlik geleef was. Sy het ‘n lewe gelei wat toegewyd was aan ander, ‘n lewe wat verbind was daartoe om Namibië ‘n beter plek te maak. Sy was ‘n kampioen vir geregtigheid, gelykheid en eenheid. Sy was inderdaad ‘n model patriot en toegewyde kader,” het Mbumba gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie