Menseregte dien juis minderhede
Gelykheid en geregtigheid vir LGBTQ-mense geëis
Vroeg in Maart hou die Hooggeregshof sy eerste verhore in twee waterskeidende hofsake wat oor gelyke behandeling vir homoseksueles in die Namibiese samelewing sal besluit.
Die mees onlangse opname wat in 2019 deur Afrobarometer uitgevoer is, het uitgewys dat 64 persent van Namibiërs ’n positiewe of onpartydige houding teenoor homoseksuele mense het.
Dieselfde opname in 2017 het bevind dat 54 persent van Namibiërs positief of onpartydig was.
Verteenwoordigers van die LGBTQ-gemeenskap en menseregte-aktiviste in Namibië het gister op ’n nuuskonferensie hernude oproepe vir geregtigheid en gelykheid vir minderhede gemaak.
Op die konferensie, aangebied deur die Namibia Equal Rights Movement, het aktiviste hul siening weergegee op twee hofbeslissings wat binnekort in die hooggeregshof in die vooruitsig is. Op 3 Maart word vir die erkenning van selfdegeslaghuwelike in die hof voorgelê, drie dae later gevolg deur die verhoor oor die reg op burgerskap en familie.
Omar van Reenen, leier van Namibia Equal Rights, het gesê die sogenoemde “sodomiewet” is ongrondwetlik en verontagsaam menseregte. Hy het ook daarop gewys dat die bestaande wet toelaat dat verdagtes sonder ’n lasbrief gearresteer kan word en dat geweld tydens arrestasie geweld gebruik kan word.
Hy het ook kommentaar gelewer op uitsprake van die prokureur-generaal Festus Mbandeka wat beweer het dat die wet die moraliteit van die Namibiese samelewing handhaaf en met die meerderheid van die mense se wil ooreenstem.
Van Reenen het hierdie bewerings as vals bestempel. Eerstens, hoewel arrestasies gebaseer op die sodomiewet algemeen is, word dié “oortreders” nooit hof toe geneem nie.
Tweedens is die wet ’n koloniale artefak uit die apartheidstyd en derdens, Mbandeka se bewering dat die meerderheid Namibiërs teen homoseksualiteit gekant is, is eenvoudig verkeerd, soos die nuutste opname deur Afrobarometer toon.
“Namibiërs se afkeer van homoseksualiteit was nog altyd vir politieke doeleindes oordrewe, maar bowenal het dit ook aansienlik afgeneem,” sê Van Reenen.
“Menseregte kan nie tot ’n stemming gebring word nie. Dis hoekom ons die grondwet het.”
Die regering mag nie vir hul politieke agenda ’n ander narratief opbou as wat die werklikheid toelaat nie.
Ethne Mudge van Sister Namibia het ook ’n sterk standpunt ingeneem vir die regte van die LGBTQ-gemeenskap.
“Die publiek is grootliks aan die kant van die gemeenskap: die Afrobarometer het dit gewys, die media berig in ’n welwillende toon, NGO’s veg vir hul regte, die Ombudsman en die presidentsvrou ondersteun ook die regte van die LGBTQ-gemeenskap.”
Mudge het uitgewys dat selfs al is ’n meerderheid van Namibiërs teen homoseksualiteit, is dit uit ’n regsoogpunt nie relevant nie: “Veral in ’n situasie waar konsensus moeilik is, is menseregte so belangrik. Die betekenis en doel van die wette is bedoel om minderhede teen die meerderheid te beskerm,” het sy gesê.
Sy het ook daarop gewys dat die gemeenskap nie bloot kan wag dat dinge mettertyd vanself verander nie.
“Hierdie jaar is daar nie tyd vir vrees in die land van die dapperes nie, want menseregte is universeel, selfs wanneer sommiges nie saamstem nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie