Milly skrik nie vir uitdagings
Katgriep, slangbyt, watwou!
Milly, 'n Belgiese malinois, wat saam met haar gesin van Suid-Afrika na 'n plaas buite Grootfontein geëmigreer het, is inderdaad 'n kanniedood.
Nie net het Milly al katgriep oorleef asook ’n voertuig wat oor haar gery het nie, maar sy maak elke dag vordering teen haar jongste uitdaging – ’n sebraslang se byt.
Milly, ’n Belgiese malinois, wat saam met haar gesin van Suid-Afrika na ’n plaas buite Grootfontein geëmigreer het, is inderdaad ’n kanniedood – en ’n ewige optimis daarby, meen haar eienaar.
Chére van der Merwe, Milly se ma, vertel hulle het nog nooit so ’n sterk gesinshond gehad nie.
“Die feit dat sy die uitdaging so dapper aanpak, is ook te danke aan dr. Erika de Jager van Tsumeb Vet, wat die pad saam met Milly stap,” vertel Chére.
Sy sê in die jongste voorval het Milly op 4 Mei uit hul besproeiingsland gekom met haar been in die lug.
“Sy kon nie op haar been trap nie en wou geensins toelaat dat ons daaraan vat nie.
“Twee dae later het sy ’n swart kol op haar boud begin kry. Op 10 Mei het haar been ’n gat ingeval en ons het haar na dr. De Jager geneem, waar sy opgeneem is en vir bykans drie weke lank behandeling ontvang het.
“Dag na dag, week na week het haar vel nog weggevrot as gevolg van die vreeslike slanggif. Die kanse was baie groot dat Milly haar been sou verloor. Daarbenewens was haar lewe in gevaar. Dr. De Jager het egter alles gedoen – en doen dit nog steeds – dat Milly haar been kan behou,” vertel Chére.
Sy sê Milly is eindelik op 27 Mei ontslaan.
“Ons ry weekliks met haar vanaf Grootfontein na dr. De Jager om haar verbande om te ruil en die wond skoon te hou.
PRAGTIGE HOND
Terwyl De Jager sê Milly se wonde sal nog maande neem om gesond te raak, beklemtoon sy dat Milly ’n dierbare hond is.
“Sy vat alles in haar ‘stride’ en waai altyd haar stert. Sy is pragtig en sy is die beste ding van hierdie hele uitdaging,” het die Tsumeb-gebaseerde veearts aan Republikein gesê.
Sy verduidelik sebraslange se gif is sitotoksies wat weefselskade veroorsaak daar waar die slang haar gepik het.
“Milly het groot wonde op haar agterbeen wat lank sal neem om te genees, maar sy behoort haar been te kan behou. Dit is egter raar vir ’n zebraslang om te byt – hulle spoeg gewoonlik eerder,” het sy gesê.
Sy voeg by dat ’n mens ook nie dadelik kan sien as ’n sebraslang ’n hond gebyt het nie – jy sien dit eers as die vel begin vrot.
Sy sê al is Milly waarskynlik nie die eerste hond om so ’n slangbyt te oorleef nie, hanteer sy dit soos ’n kampioen.
“Dr. De Jager is al een wat ons moed inpraat om te bly vertrou dat sy ten volle sal herstel,” het Chére gesê.
“Dit gaan tyd en geduld vat, want daar is dae wat ek as haar eienaar nie weet hoe sy deur die dag sal kom en of sy die volgende oggend sal sien nie.”
ANDER UITDAGINGS
Sy sê Milly is in 2018 met katgriep gediagnoseer en ten spyte van vrese dat sy dit toe nie sou oorleef nie, is sy na ’n hele paar weke in die hospitaal terug huis toe – gesond.
Chére sê hulle het elke dag vir haar gaan kuier en sy het om haar lewe bly veg.
“In 2019 het Milly onder die bakkie se wiele beland, maar sy het niks oorgekom nie. Nie eens een been in haar lyf was gebreek of selfs gekraak nie,” vertel sy.
“Ons het ook besluit aangesien die Belgiese malinois so ’n sterk honderas is, gaan ons met hulle op ons plaas net buite Grootfontein teel. Chemerwe_Na is ons geregistreerde naam,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie