No Image Caption

Minder dae, meer geluk

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Besighede in Namibië het nou die geleentheid om deel te wees van ’n loodsprojek vir ’n vierdag-werksweek wat fokus op verbeterde produktiwiteit met minder tyd op kantoor.

Dit is ’n gesamentlike inisiatief tussen 4 Day Week Global en 4 Day Week SA en die tweede loodsprogram van dié aard in Suid-Afrika.

Die eerste het in Februarie vanjaar in die buurland afgeskop, met 29 besighede uit Suid-Afrika en Botswana wat tans daaraan deelneem.

Volgens Karen Lowe, direkteur van 4 Day Week SA, behels die loodsprogram ’n toetstydperk van ses maande waartydens deelnemers deur 4 Week Global en organisasies wat dit reeds geïmplementeer het, opgelei en gementor word.

Netwerkgeleenthede word ook gebied met ander deelnemers aan die loodsprogram om kennis en ervaring te deel. Navorsers werk ook met deelnemers om die relevante maatstawwe vir produktiwiteit en werknemers se welstand vas te stel en die definisie te bepaal van hoe individuele sukses lyk. Dié maatstawwe word deurlopend in die toetstydperk van ses maande gemonitor.

Die vierdagweek word wêreldwyd aanvaar in ’n poging om produktiwiteit en welstand in die werkplek te bevorder.

Die vierdagweek is gebaseer op die 100-80-100™-model wat ontwikkel is deur die medestigters van 4 Day Week Global, Andrew Barnes en Charlotte Lockhart, in die baanbrekersprogram Perpetual Guardian in Nieu-Seeland in 2018.

Die model skryf 100%-betaling vir 80% van die tyd voor in ruil vir 100%-toewyding en resultate. Dit word erken as ’n manier om werknemers te ondersteun en te bemagtig, produktiwiteit te verbeter en ’n positiewe impak op samelewings en die omgewing te hê.

Navorsing wys maatskappye wat hul personeel ’n ekstra dag per week afgee met geen vermindering in hul salarisse nie, se inkomste het toegeneem danksy minder personeel wat bedank en afwesig is. Werknemers was minder gestres en uitgebrand en was meer tevrede met hul lewens. Bevindinge het ook beduidende afnames in die duur en voorkoms van pendel en ook positiewe omgewingsuitkomste gewys.

Volgens Lowe het besighede in Afrika die geleentheid om te bewys hulle kan meer produktief wees, terwyl hulle groter persoonlike welstand geniet.

“Kleiner maatskappye en dié in die sektor vir professionele dienste is oor die algemeen die vroeë deelnemers aan die vierdagweek, omdat dit makliker vir hulle is om groot veranderinge te maak. Ons is egter hier om alle grootte maatskappye oor verskillende sektore te help om ’n versigtige, verbeelde benadering te neem om dié nuwe manier van werk te aanvaar.”

Volgens prof. Mark Smith van die Stellenbosch Sakeskool wat by 4 Day Week SA se loodsprogram betrokke is, kan die konsep nie net help om maatskappye se prestasie te verbeter nie, maar ook die manier uitdaag oor hoe mense oor werk en werkskultuur dink.

“Wie sê ’n tweedagnaweek is die ideale model of dat 5 x 8 ure van agt werksure vyf dae per week die beste manier is om te werk?”

Namibiese besighede wat graag deel van die program wil wees, moet voor 15 Mei ’n e-pos aan [email protected] stuur.

Meer inligting is op die webtuiste www.4dayweek.co.za beskikbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!