Moedige Bennett uiteindelik tuis
Ná byna nege maande as ’n pasiënt by die Windhoek Sentrale Hospitaal het Bennett Bessinger ’n lang gesondheidstryd gewen en kon hy vroeër vandeesmaand terugkeer huis toe.
Bessinger is die afgelope 27 jaar ’n kwadrupleeg nadat hy op 22-jarige ouderdom in ’n motorfietsongeluk betrokke was. Sy herstel en ontslag uit die hospitaal is met ’n kort diens deur ’n priester gevier, waarna sy familie heerlik saam met die hospitaal- en verpleegpersoneel gekuier het.
Hy is op 27 Augustus verlede jaar in saal 7 van dié hospitaal se westelike vleuel opgeneem met onderliggende probleme en erge bedsere.
“Dit was werklik ’n geweldige stryd met infeksies en sy algemene gesondheid wat hom in ’n moeilike posisie geplaas het.
“Met sy opname het dit bloedsweet gekos om hom die eerste paar maande te stabiliseer,” het Robbie Thompson, wat ook die geleentheid bygewoon het, aan Republikein gesê.
Volgens Thompson is Bessinger iemand wat deur alles positief bly en selfs begin het om mense in sy situasie aan te moedig en met raad by te staan.
In ’n toespraak wat sy vrou, Mercia, namens hom voorgelees het, het Bessinger gesê hy is dankbaar vir die geskenk van lewe.
Sy familie het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die hospitaal se personeel geloof vir hul toewyding toe dit geblyk het dat alle hoop verlore was.
Tydens die vieringe het die parlementariër, maatskaplike werker en ’n voormalige adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, Juliet Kavetuna, vertel hoe haar en Bessinger se paaie jare gelede gekruis het.
Sy het Bessinger en sy vrou glo telkemale in moeilike omstandighede bygestaan en het die egpaar geprys vir hulle onwrikbare en positiewe gesindheid.
Sy het ook die mediese personeel bedank vir hul bydrae en onbaatsugtige diens, veral in opsigte van Bessinger se versorging die afgelope maande.
Die huidige adjunkminister van die gesondheidsministerie, Ester Muinjangue, was die hoofspreker by die geleentheid en sy het ook die hospitaal se personeel bedank, veral die span wat Bessinger met professionele en uitmuntende diens versorg en bygestaan het.
Dit sluit die biokinetici, fisioterapeute, beraders en dieetkundiges in.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie