Mooie Cassia dra die kroon
Die 21-jarige Cassia Sharpley is Vrydagaand tydens 'n glansgeleentheid by die Windhoek Buitekluboord en Casino as Namibië se mooiste nooi gekroon. Cassia is 'n basiese lewensondersteunende paramedikus en studeer aan die Universiteit van Wetenskap, Kuns en Tegnologie vir 'n graad in nood mediese sorg (gevorderde lewensondersteuning). Sy is ook die stigter van die Honey Comb Haven Foundation om minder bevoorregte inwoners in haar gemeenskap te ondersteun. Leoné Van Jaarsveld (26) van Swakopmund is as eerste prinses aangewys, terwyl die 23-jarige Diana Andimba van Windhoek as tweede prinses gekroon is.
Zawady Tjijonbo is deur die ander deelnemers as Mej. Persoonlikheid aangewys, terwyl Aina Kweyo as Mej. Fotogenies gekies is.
Zawady Tjijonbo is deur die ander deelnemers as Mej. Persoonlikheid aangewys, terwyl Aina Kweyo as Mej. Fotogenies gekies is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie