Mooie Melanie se boodskap van hoop
’n Leerling aan die Gobabis Gymnasium Private Skool, wat met haar gemeenskapsprojek Namibia Little Learners Initiative (NNLI) vroeë kinderontwikkeling na weerlose, minderbevoorregte kinders bring, is as Miss Teen Hope Journey International aangewys.
Melanie van der Merwe, wie se droom dit is om haar nagraadse studies in lugvaartingenieurswese in die Verenigde State van Amerika (VSA) te voltooi, is tydens die glansgeleentheid in Kaapstad, Suid-Afrika, as wenner gekroon.
Hope Journey International, ’n bemagtigingsprojek van Acting Hope NPO, bied aan vroue geleenthede om hul talente te ontdek om hul eie gemeenskapsgebaseerde projekte te begin en te bestuur.
Hope Journey International is tans buiten in Namibië ook aktief in Amerika, Kanada, Fillipyne, Japan, Australië, Zambië, Zimbabwe, Rwanda, Botswana en Suid-Afrika.
Dié graad 11-leerling se inisiatief, wat sy op Gobabis van stapel gestuur is, is daarop gemik om jong kinders sleutelontwikkelingsvaardighede soos kognitiewe vaardighede en syferkonsepte te leer wat hulle help om kritieke ontwikkelingsmylpale te bereik en beter voorbereid te wees wanneer hulle skool toe gaan.
Melanie se NLLI-inisiatief verskaf bokse met talle ontwikkelingspeletjies wat kinders prettig vind en nie eens besef hulle is eintlik besig om te leer nie! Die inisiatief verskaf ook opleiding aan die versorgers sodat hulle presies weet hoe om die kinders te onderrig en die leerplan ten volle te implementeer.
Hope Journey International se uitvoerende hoof, Ingrid Burger, en haar toegewyde span bied ’n platform aan jongmense om hul potensiaal te bereik en het ’n diepgaande impak op Melanie se lewe gehad.
“Dis deur passie en harde werk van mense soos Ingrid Burger en haar span dat deelnemers die kans kry om nie net hul drome na te jaag nie, maar ook om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak,” sê Anita Senekal, Melanie se mentor.
Melanie se reis is volgens Anita ook ’n bewys van die invloed wat Hope Journey International in die lewens van jongmense wêreldwyd het.
“Ons sê met opregte waardering dankie aan Ingrid Burger en haar span vir hierdie lewensveranderende geleentheid. Julle visie en harde werk maak ’n daadwerklike verskil,” sê Anita.
Vir meer inligting en om by Melanie se lewensveranderende projek betrokke te raak, stuur ’n e-pos na [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Callie Opperman
Hartlik geluk, Melanie. Seën en sukses op jou projek. Ook op jou drome van verdere studies.