Musiek blom op die platteland
Van trompette en fluite van alle groottes tot viole en tjello’s het hul weg na ’n musiekskool op die platteland gevind.
Ons klein kultuurtuin op Grootfontein blom, vertel ’n dankbare Sonja Schneider, met musiekinstrumente wat aan die Duitse Privatschule en ook Karstveld Akademie op die dorp geskenk is.
Dörte Witte se notaboeke is saam met ’n groot voorraad van haar instrumente insluitend trompette, trektrompette en dwarsfluite geskenk.
Volgens Sonja is ’n reuseversameling fluite deur Herrmann Waetzhold geskenk, terwyl Retirement Fund Solutions N$2 800 geskenk het om die instrumente te herstel en tot hul mooiste klanke te restoureer.
Die skenkings het egter geensins hier gestop nie, met die Crazy Ties Swing Band wat ook ’n spesiale trom geskenk het en boonop konsert op die buurdorp Otavi gehou het waartydens die kinders ook hul nuwe instrumente kon leer ken. Die Crazy Ties Swing Band het ook N$1 500 geskenk wat gebruik sal word om nog instrumente aan te koop of indien daar enige herstelwerk nodig is.
Uit Europa het die families Hatje en Röhl hul musiekkamers oopgemaak en ’n groot verskeidenheid viole, kitare en blaasinstrumente Afrika toe gestuur.
Die vervoerkoste is soos elke jaar deur Hilfe für Namibia onder leiding van HW Behrens hanteer.
Die Europese skenking het tjello’s, viole, altviole, klawerborde en ook ’n e-klavier ingesluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie