Musiek vir spesiale mense
Musiek vir spesiale mense
Drie musiek-entoesiaste het die musiekgroep The Spirit op die been gebring om geld vir die We do Special-projek in te samel.
Reinhold Uiseb, Wonder Awarab en Sylvanis Hanadaob was almal in die musiekbedryf voor hulle by dié projek aangesluit het.
We do Special is ’n organisasie wat jong mense met gestremdhede met nuwe vaardighede toerus.
Die stigter van die projek, Susanne Berchtold, sê daar is min werksgeleenthede vir skoolverlaters met gestremdhede en die projek, wat buite Schlip geleë is, leer hulle basiese vaardighede soos onder meer tuinmaak, om diere aan te hou en te versorg en skrynwerk.
“Met dié vaardighede kan hulle ten minste selfversorgend wees en kos op hulle eie tafel sit.”
REINHOLD
Reinhold is op Usakos gebore en het op Okombahe skoolgegaan. Hy het by sy oupa op die plaas van tuinmaak geleer.
“Ons het altyd in die tuin gewerk. Ons het geplant en geoes, die grond bewerk en die tuin natgelei. Dit is hoekom ek vir die tuin by die projek verantwoordelik is en ook die kinders van landbou sal leer.”
Hy speel die tromme, marimba en die klavier. In 2014 het hy Swakopmund toe getrek en by sy eerste musiekgroep aangesluit. In 2016 het hy by die kerkgroep Brothers in Christ – wat nou as die Swakopmund Acapella Singers bekend staan – aangesluit. Die African Vocals het hom daarna genader.
“Hulle het vir my gesê hulle benodig my stem en ek moet vir hulle kom sing.
“Moenie dat enigiets jou terughou nie. Glo in jouself en vertrou dat jy amper alles kan doen. Of jy studeer het of iets oor jou pad gekom het, as jy tyd en jou gedagtes daarin sit, kan jy groot dinge bereik.”
WONDER
Hy is in Swakopmund gebore en het ná skool vir ’n jaar op ’n jagplaas in die Kunenestreek gewerk.
“Ek het toe ’n sokkerskeidsregter geword en terug Swakopmund toe getrek. Daar het ek ook die o.13-afrigter geword en gehelp om die senior span af te rig. Ek het egter baie vinnig besef daar is nie regtig ’n toekoms vir skeidsregters in die land nie.”
Hy speel die kitaar, marimba, tromme, blokfluit en die kalbasratel.
“Die kitaar maak my die gelukkigste; ek is mal oor die instrument. Jy kan dit maklik vervoer en dit is so veelsydig.”
Hy is verantwoordelik vir die sosiale media en afvalbestuur by die projek.
“My droom is dat die projek sterk op sy eie voete kan staan en dat ons saam kan groei en groter word.”
SYLVANIS
Sylvanis is op Khorixas gebore en het in Swakopmund skoolgegaan.
“Ek het vakansietye na my ouers se plaas toe gegaan en na die bokke en skape omgesien. Ek het saam met hulle veld toe gegaan, die lammers melk gegee en hulle opgepas. Ek het dit van kleins af gedoen en dit is hoekom ek by die projek verantwoordelik is vir die hoenders en kleinvee. Ek versorg hulle en sal die kinders leer hoe om diere aan te hou, hulle te versorg en op te pas.”
Hy het ná skool by ’n pizzaplek gewerk en ook geleer om pizzas te maak.
“Ek het die Sekondêre Skool Swakopmund se koor vanaf 2013 tot 2019 begelei. Ek was ook die Namib Youth Choir se koorleier en ’n lid van die African Vocals.”
Hy bespeel die kitaar, marimba, die kalbasratel en ’n bietjie klavier.
“My stem is egter my gunsteling-instrument. Ons droom as groep is om ’n CD te kan uitgee waarmee ons geld vir die projek kan insamel. Ons is nog ’n baie jong projek en afhanklik van skenkings en deur ons eie musiek te kan verkoop, maak dit ons minder afhanklik van skenkings. Ons wil tot die sukses van ons projek bydra.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie