Mwila's strate toe gedryf
Minderjariges verkoop houtitems om geld vir kos te kry
Die vroue en kinders van die Mwila-gemeenskap het meer as 'n 1 000 kilometer van Lubango in die suide van Angola tot in Namibië gereis.
Limba Mupetami and Jemima Beukes
’n Groep Mwila kinders woon in die Okuryangava-nedersetting in die oopte langs ’n winkel en verkoop bedags houtlepels, -koppies of kieries of bedel vir geld om ’n bestaan te maak.
Die Mwila, is ‘n nomadiese volk, wat aan die gruwels van die lewe oorgelaat word omdat hulle dikwels nie skool toe gaan of selde daarin slaag om skool klaar te maak. As gevolg hiervan eindig baie van hulle as beeswagters of as huishoudelike werkers in mense se huise waar hulle soos slawe behandel word, uiters min betaal word en geen werklike arbeids voordele geniet.
By hul woonplek in Okuryangava in Windhoek is kinders so jonk as agt maande blootgestel aan die elemente met geen skuiling tydens die reënseisoen nie. Hulle beddens is palette en vullissakke wat hulle aan slange en skerpioene blootstel. Langs hul 'beddens' is bokse en mandjies met vrot appels - skynbaar vanaand se kos. Diegene wat vars produkte in die area smous sê dat hulle vir die kinders gratis vrugte gee wanneer hulle kan.
"Ons kan hulle ook nie help nie, ons probeer ook die pot aan die kook hou," sê Meme Shipanga. Republikein se susterkoerant Namibian Sun is ook ’n boom langs ’n rivier vol rommel uitgewys waar van die groep slaap. Die boom bied skaars skuiling of skaduwee. Vrot appels wat halfgeëet is, lê ook hier. Een van die jong mans, Ndele, sê hy en ses ander het op ’n bus geklim en is almal by Monte Cristo in Katutura afgelaai.
"Ek het saam met kinders gekom. Hulle was ses en ons het met ’n kar en toe ’n bus gery. Ons het nie papiere nie, ons het net die grens by Ondjiba na Oshikango oorgesteek," het hy deur ’n tolk gesê.
Hy het net stilgebly toe gevra is hoe hulle hulself voed en wat hulle doen met die opbrengs van die verkope.
Een van die kinders, wat lyk of sy 11 of 12 jaar oud kon wees, het as deur ’n tolk bevestig dat hulle van Lubango af kom en deur Oshikango met die bus na Windhoek gekom het. Die meisie het gesê sy is in graad 2, maar dat hulle skool weens die reën gesluit is.
’n Angolese man wat ook hier verkoop en al jare lank in Namibië woon, het onder voorwaarde van anonimiteit aan Namibian Sun gesê dat die vroue en kinders vir ‘n sakeman in Angola werk. Die man bly in Lubango en wanneer die lepels klaar verkoop is, moet hulle teruggaan, nog kry en weer terugkom. "Jy kan hierdie goed net in Angola kry - hulle word net in Angola gemaak", het hy gesê.
Een Mwila-vrou, bekend as Tenka, het gesê hulle mans het in Lubango agtergebly en net die vroue het saam met hul kinders na Namibië getrek.
"Ek het geen keuse as om hierdie tradisionele handwerk te verkoop nie," het Nala deur ’n tolk gesê.
Sy sê sy woon al ses maande in Windhoek.
"Die lewe in die stad is moeilik. Ek raak maklik moeg en my kinders verkoop die items vir ons,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg dat hulle vroegoggend van Okuryangava af tot in die middestad loop waar hulle hoop om die dag se brood te verdien deur die houtitems te verkoop om sodoende geld vir kos te kry.
’n Namibiese egpaar, Dannie Kooper en sy vrou Lucia, wat langs die rivier woon waar die groep skuiling gevind het, het gesê dit is hartseer om kinders so jonk as drie met lepels te sien loop. "Soms bied ons hulle kos aan as ons ’n bietjie meer het. Dit is so hartverskeurend om hierdie klein kinders so honger en verwaarloos te sien," het Lucia gesê.
Haar man het gesê die jong meisies sorg vir hulle klein broers en susters en van hulle is ook swanger. Hy het egter bygevoeg dat dit nie duidelik is wie die meisies swanger gemaak het nie, aangesien daar nie soveel mans onder hulle is nie. Die Angolese ambassadeur, Jovelina Imperial e Costa, het Vrydag geweier om oor die saak kommentaar te lewer, maar het eerder ’n verklaring uitgereik waarin sy klimaatsverandering die skuld gee.
"Met die verwoestende impak van klimaatsverandering, veral in die suidelike streek van die Republiek van Angola, het die Angolese regering ’n breë beleggingsprogram geïmplementeer om die impak van die droogte te versag. Dit is in samewerking met finansiële ondersteuning vir gesinne, krediet aan landbou- en veekoöperasies en met die doel om die welstand van die bevolking te verseker," lui dié verklaring. Julia Goncalves, die pers attaché vir die Angolese ambassade, sê op haar beurt die probleem is ’n gevolg van poreuse grense tussen die twee lande en moet met sensitiwiteit hanteer word.
Maandagoggend het hulle personeel geen manier gehad om met die kinders te kommunikeer nie, aangesien hulle self net Portugees praat, ondanks dat Namibian Sun hulle telefonies ingelig het dat die mense net Mwila praat en nie Portugees nie. Twee personeellede van die ambassade het die koerant vergesel en uit hulle betrokkenheid het dit geblyk dat hulle heeltemal onbewus was van die bestaan van hierdie mense.
Elma Dienda, lid van die parlement vir die Populêre Demokratiese Beweging (PDM), het gesê sy het gesien hoe hierdie kinders so jonk as drie na elke dag na haar motor toe hardloop om geld te vra.
“Ek is selfs deur ‘n klub-eienaar in Khomasdal gebel wat gesê het hierdie kinders dwaal rondom die klub om 02:00 in die oggend en niemand kan hulle verstaan nie. Hy het gesê hy is regtig bekommerd oor hulle lewens en vrees dat die kinders selfs verkrag mag word,” het sy gesê.
Die kinders het die afgelope weke ook begin om klubs in die stadsentrum te besoek waar hulle by die deure of langs die sypaadjies bedel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie