‘n Aftreeoord vir diere
In die Kamanjab-omgewing in die noordweste van die land is ‘n paradys vir diere geleë. Diere van alle soorte het hier ‘n permanente tuiste en vrede gevind.
Bubu’s Animal Haven is in 2021 deur Reni van der Merwe – met die hulp van ‘n paar goeie vriende - gestig.
Volgens Reni, wat op ‘n plaas buite Otjiwarongo grootgeword het, het sy al van kleins af diere gered, ingeneem en versorg.
“Nog voordat ek skool toe is, was my ouers by ‘n troue by ‘n hotel in Otjiwarongo. Ek het in die hotel se agterplaas rondgedwaal en ‘n uitgeteerde, klein, swart babakatjie by die vullisdromme opgetel. Ek het van die troue se kos gaan haal, die katjie gevoer en heelaand na haar omgesien. Laataand, toe ons moes huis toe te gaan, het ek geweier om sonder die katjie in die kar te klim. So het dit op ‘n baie jong ouderdom begin.”
Reni kan nie haar rug op enige dier in nood draai nie en mense het dit baie gou agtergekom en begin om ongewenste diere en afvlerk-voëls na haar toe te stuur.
“Mettertyd het my ‘dieretuin’ gegroei, en het dit vir my finansieel moeilik begin raak om almal op eie koste te versorg. Bubu’s Animal Haven en die registrasie as niewinsgewende organisasie stel my in staat om finansiering van die publiek te verkry waardeur ek weer meer diere kan huisves en help.”
Die naam Bubu is geïnspireer deur ’n optel-swaeltjie waarvoor Reni 200 km Otjiwarongo toe gery het om hom te gaan haal.
“Die swaeltjie het verskriklike lang bene gehad en baie vinnig in ‘n gevlekte lyster genaamd Bubu ontpop. Bubu kan kom en gaan soos hy wil. Hy vlieg ‘n paar rondtes en kom weer terug op soek na kos. Hy is in aanhouding grootgemaak en gewoond daaraan om gevoer te word. Bubu is ‘n lekker kort en gepaste naam vir dié toevlugsoord vir diere.”
Bubu’s huisves ‘n verskeidenheid diere. Van dié “inwoners” kom uit dorpe en is plaas toe gestuur omdat mense hulle nie meer wou hê of in die dorp kon aanhou nie.
“Ons het ou hoenders, ganse, duiwe, eende, papegaaie, konyne, tarentale, volstruise, honde, katte, bokke en beeste wat ‘afgetree’ het en oorgeneem is en nou lewenslank versorg word. Dit is meestal gewese hans- en mak diere, siekes wat met baie tyd, liefde en onkostes gered is, en ou diere. Wanneer ons wilde diere kry wat beseer is, word hulle behandel en gerehabiliteer sodat hulle - wanneer moontlik - weer vrygelaat kan word, wat nie moontlik is met veral ou, mak diere nie.”
Reni beplan tans om ‘n tuiste te skep vir semi-wilde en ouer katte wat al baie lank by dierebeskermingsinstellings woon en ‘n baie skraal kans het om aangeneem te word.
“Ons het ‘n ou karavaan wat ons in ‘n huis vir katte wil omskep. Wanneer nuwe katte aankom, moet hulle eers vir ongeveer ‘n maand toegemaak word. Die karavaan gaan dan as ‘n veilige plek vir hulle dien, terwyl hulle vrylik kan rondbeweeg en die vertes kan invaar.”
Volgens Reni is daar is landwyd ‘n groot behoefte aan huisvesting vir ou katte. Sommige katte se eienaars is oorlede of het weggetrek en kon of wou nie die katte saamvat nie.
“Afhangende van fondse en die publiek se ondersteuning, oorweeg ons dit om in die toekoms ‘n groot plek te bou waarin sulke katte geakkommodeer kan word en dus ‘n aftreeoord vir hulle gaan wees. Dit is ‘n veilige, onderdakse plek waar hulle kan slaap en eet, met ‘n groot ruim area waar hulle kan rondbeweeg, klouter en speel.”
Enigiemand wat vir die katte of hulle aftreeoord wil bydra, kan op Facebook of Instagram gaan loer vir Bubu’s Animal Haven se besonderhede en uitvind hoe hulle van hulp kan wees.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie