’n Bietjie omgee, maak ’n groot verskil

Kristien Kruger
Vir die afgelope 20 jaar staan die 65-jarige Annalie Oosthuizen nie terug as daar ’n geleentheid is om te help nie.

Annalie het Vrydag soos baie keer tevore, talle skenkings by die Eastern Court-aftreeoord in Windhoek afgelaai en dit met die hulp van haar kleinkinders persoonlik aan elke inwoner oorhandig.

“Op die oomblik help ek die bejaardes wat in staatsinstansies woon en heeltemal na hulself moet omsien,” vertel Annalie.

Sy sê die inwoners mag slegs daar woon as hulle net ’n staatspensioen ontvang. Sy meen daar bly nie veel oor nadat die krag- en waterrekening betaal is nie.

“Dit is werklik hartseer om te sien dat daar niks in hulle koskaste is nie en dit wat hul besit afgeleef en ver te kort skiet.

“Hierdie bejaardes is vergete en verwaarloos soos die geboue waarin hulle leef,” meen Annalie.

OMGEE

Annalie is nie deel van ’n liefdadigheidsorganisasie nie, maar doen alles self.

“Ek het my eie omgee en werk met die hulp van die Here en die omgeërs daar buite en groot ondersteuning van my familie om ’n verskil te maak.”

Die fokus van Annalie se liefdadigheidswerk is omgee.

Volgens Annalie help sy veral by Eastern Court en Seniorpark en selfs ander oumense wat alleen woon en werklik swaarkry. Annalie help tans sowat 48 oumense.

“Ek weet wat elkeen se klere- en skoengroottes en al sy behoeftes is. Dan vra ek oral en ek kry altyd,” vertel Annalie wat dan al die goedjies wat sy kry, bymekaarsit en dit persoonlik gaan aflewer.

“Die skenkings word opgedeel, name opgeskryf en van deur tot deur afgelewer.”

Annalie vertel ook dat sy oor die jare geleer het om nie net die skenkings af te laai nie.

“Niks word in bondels afgegee nie. Met jare van omgee het ek geleer om dit direk af te lewer en te weet waarheen alles gaan.”

Sy vertel ook dat dit groot druk op die opsigter plaas as hulle moet kies na wie die skenkings moet gaan omdat daar nie altyd genoeg vir almal is nie. Sy het daarom besluit om dit self tussen die inwoners te verdeel en self die verantwoordelikheid op haar te neem.

“Dit is vir my maklik, want ek verteenwoordig nie ’n spesifieke instansie nie en werk dus onafhanklik. Dit maak dit makliker om objektief te bly en nie by die daaglikse lewensdramas van die inwoners betrokke te raak nie.”

Annalie vertel ook dat dit vir haar beter is om heeltyd vir dieselfde mense te sorg eerder as om rond en bont te gaan.

“Ek gee eerste vir Eastern Court voordat ek aanskuif na ’n volgende groep.”

ONLANGSE SKENKING

Die afgelope Vrydag is pakkies weer eens aan die inwoners van Eastern Court oorhandig.

Groot sakke vol onder andere blikkieskos, pap en noedels is uitgedeel. INDO Atlantic en Grundleger het die items geborg.

Annalie se drie kleinkinders, Leona, Isabel en Willem Oosthuizen, het gehelp om die pakkies uit te deel.

“Die vreugde en dankbaarheid is groot in my en hulle harte. Dit is ongelooflik om te sien wat dit vir hulle beteken as jy voor hulle staan met skenkings van omgee.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007