’n Boer in murg en been
As 17-jarige deel van bevrydingstryd
Agnes Limbo was 'n verpleegster, uitvoerende hoof van Katima Mulilo se dorpsraad en boervrou.
“Ná hoërskool in 1975 het ek verpleegkunde gaan studeer. Daai tye kon ons net verpleegsters, onderwysers of polisiebeamptes word. Ná ’n ruk het sewe van ons besluit die opleiding wat ons deur die Suid-Afrikaanse regering ontvang het, was nie goed genoeg nie. Ons het besluit om die Zambezirivier oor te steek om ons opleiding iewers anders te verbeter en by die bevrydingstryd aan te sluit. Ek was 17 jaar oud,” vertel Agnes Limbo (65) van Lyambezi Foods in Katima Mulilo.
Agnes is in die Zambezistreek in die nedersetting Kazinzila – vandag bekend as Malundu – gebore. Daar het sy haar skoolloopbaan voltooi en by die verpleegkollege aangesluit totdat sy en haar sewe vriende (tussen 17 en 25 jaar oud) een nag oor die rivier is.
BEVRYDINGSTRYD
“Ons was in ’n kano en in die middel van die rivier het ons omgeslaan en ons moes swem. Dit was gevaarlik, want die rivier is vol seekoeie en krokodille.
“Gelukkig het Zambiese vissermanne ons gesien en tot op droë grond gehelp. Hulle het ons kos en komberse gegee, omdat alles wat ons besit het in die rivier beland het. Hulle het ons na die polisie vergesel en gesê ons is Namibiërs wat in ballingskap wou gaan. Ons is na Swapo se hoofkantoor in Lusaka geneem.”
Van daar is hulle na die Oshatotwa opleidingskamp in die middel van Zambië.
“Hulle wou ons daar in groepe verdeel en die jongeres weer skool toe stuur, maar ons het geweier, want ons wou militêre opleiding kry. Vir ’n jaar en ses maande het ons daar gebly en opleiding ontvang.
“Weens my agtergrond het ek in verpleging gehelp om die gewonde mense te versorg. Op 11 Julie 1976 is ons kamp deur die Suid-Afrikaanse weermag aangeval. Die hele kamp was aan die brand en 25 mense is op slag dood. Ons is deur ons eie mense en die Zambiese magte gered en na Lusaka gevat.”
Agnes het net ná haar aankoms in Lusaka met ’n driejaarkursus in ontwikkelingstudies en bestuur begin. Ná die kursus is sy na die Verenigde Koninkryk en het ’n diploma in gesondheidsbestuur by die Universiteit van Leeds voltooi.
Sy het na Zambië teruggekeer en is na Angola gestuur om daar in die kampe met die gewondes te help.
“In 1989 is ek terug na Namibië gerepatrieer en ek het in gesondheid gewerk, totdat ek ’n beurs gekry het om by die universiteit van Manchester ’n meestersgraad in menslike hulpbronne en bestuur te doen.
“Kort daarna was Namibië onafhanklik en ek het teruggekom en kortstondig by die ministerie van binnelandse sake gewerk. Hulle het my na Katima Mulilo verplaas, waar ek in 2001 die uitvoerende hoof van die dorpsraad geword het. Ek was vir vyf jaar in die posisie voordat ek die politiek betree het tot my aftrede.”
LANDBOU
“Ek het op die landerye gewerk saam met my grootouers en ouers. Die Zambezistreek is bekend vir groente- en veeboerdery, daarom het ek as kind tydens ons boerdery-aktiwiteite ’n liefde vir plant ontwikkel. Dit het daartoe gelei dat ek tuine geskep het waar ek ook al gewoon het.
“My oupagrootjie was in die sestigerjare een van die eerste boere wat ’n trekker besit het. Hy was baie bekend en wanneer iemand honger was, het hy van sy oes gedeel. Daai tye was dit so dat as jy het, het jy gedeel met diegene wat nie het nie. Die mense was nie so gierig soos nou nie.”
In 2018 het Agnes besluit om in haar passie vir landbou te belê en het begin tuinmaak nadat haar oorlede pa haar aangemoedig het om op bokboerdery en gewasproduksie te fokus.
“Hierdie persoonlike projek het ’n kommersiële besigheid geword toe ek vir my aftrede voorberei het en dit het begin groei omdat ek meer tyd in my tuin kon bestee.
“Die eerste gewasse wat geplant is, was onder meer mango’s, koejawels, papaja en tamaties. Ons het egter ons tamatieproduksie beperk om ons nuwe belangstelling, naamlik organiese boerdery, te akkommodeer. Die skuif na organiese gewasproduksie was in ooreenstemming op persoonlike gesonde leefstylgewoontes en die feit dat die samelewing met verskeie nie-oordraagbare siektes te kampe gehad het vanweë slegte eetgewoontes.
“Op grond van bogenoemde het ons nuwe gewasse bekendgestel wat ’n gesonde leefstyl aanhelp, soos soetpatats, aarbeie, appelliefies, verskeie kruie soos borrie en meer vrugtebome.”
Volgens Agnes is haar besigheid vernoem na die Lyambezimeer in die ooste van Zambezistreek. Dié meer was ’n bron van bestaan vir mense in die Zambezi, Zambië en Botswana, vanweë die ryk vis- en ander voedselbronne wat rondom die meer gevind is. Dit was ook ’n bron van water vir diere en mense.
“Daarom het ek die naam gekies, aangesien ek wou hê my handelsmerk moet ’n bron van goeie gesondheid vir die gemeenskap wees, soos die meer vir ons is.”
Agnes het tans drie mense wat haar help. Een hou toesig oor die tegniese werk soos druplynbesproeiing en die ander twee is algemene werkers. Sy self doen die meeste van die algemene werk saam met haar werkers aangesien sy geleer het ’n goeie boer moet betrokke wees en saam take aanpak.
TOEKOMS
“Ek wil graag ’n sentrum open waar ek mense van landbou en plant kan leer.”
“Veral jong mense weet nie meer hoe om te plant en te kweek nie. Hulle koop alles in die winkels. Ek wil mense leer om self kos te produseer. Dan wil ek vir hulle ’n boom gee wat hulle by hul huise kan plant sodat ons die Zambezistreek weer in ’n woud kan verander. ’n Woud soos dit in die goeie ou dae was en dan kan ons weer begin om onder mekaar kos uit te ruil. Ek het ’n appelboom en jy ’n papaja, so ons kan ruil en gee vir mense wat nie het nie. Ons kan mekaar met kos help.”
HOOGTEPUNT
“Lyambezi Foods het baie positiewe resensies en komplimente ontvang wat ons moraal ‘n hupstoot gegee het. Ons het ook ‘n toekenning vir die Vroueboer van die Jaar: Innovasie-kategorie gewen en die was die naaswenner vir die beste Tuinbou-innoveerderprodusent van die Jaar vir NAHA (National Agronomy and Horticulture Awards) 2022. Ons het ook verskeie toekennings vir kleinveeteler in die Zambezistreek in 2005 gewen toe ons begin het om met boerbokke te teel.”
LAAGTEPUNT
“Ek ondervind twee hoofuitdagings, naamlik onbetroubare waterbron en beperkte fondse.
“Voor my aftrede het ek ’n groot bedrag in ’n boorgat en ’n kweekhuis belê. Weens die feit dat ek nie ter plaatse was nie en beperkte kennis gehad het, het verskeie foute voorgekom wat tot swak infrastruktuur gelei het. Die boorgat verskaf soms nie water nie en die kweekhuis voldoen nie aan die standaard nie, daarom is heelwat finansies nodig om die infrastruktuur op te knap.
“Om te sien dat my beleggings nie goed benut is nie, was ’n werklike terugslag aangesien die hoofdoel van die verkryging van die Liselo Plot was om die plaas uit te brei tot ’n kommersiële plaas.
“Ek het egter uit hierdie laagtepunt geleer en verseker dat ek myself opgelei het om die regte diensverskaffers in te span. Ek het N$150 000 vir ’n nuwe boorgat nodig; dis presies wat ek reeds vir die eerste een betaal het en die geld en die man is weg, maar ek is seker sodra fondse beskikbaar is, sal die Liselo Plot ’n blink ster word.”
AGNES
’n Tipiese dag in Agnes se lewe begin om 05:00 wanneer sy opstaan en in die tuin stap en sien hoe dinge lyk. ’n Uur later ontmoet sy die werkers, beplan die dag en bespreek die daaglikse pligte en uitdagings.
“Ek het ook bokke en pluimvee vir my kleinkinders. Dus stap ek kraal toe om te kyk vir enige nuwe bokkies, eiers of kuikens. Nadat ek die plaasinspeksie voltooi het, gaan stort ek, eet ontbyt en pak my ander pligte aan, want ek dien op verskeie gemeenskapsforums soos die tradisionele owerheid (Khuta) en die Sibbinda-kiesafdeling se ontwikkelingskomitee.
“Omstreeks 16:00 kom my voorman en tegniese assistent om terug te rapporteer oor enige sake wat my aandag verg vir besluitneming of leiding.
“Ek is op my gelukkigste wanneer ek my tuin sien blom; as ek sien hoe my plante groei van sade tot eetbare gewasse op my bord. Ek geniet dit ook om deur my welige tuin omring te word, aangesien ek die skoonheid van die natuur en God se skepping waardeer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie