’n Eg Namibiese sakeverhouding

Iréne-Mari van der Walt
Die plaaslike vervaardiger van Namib Chilli-brandrissiesouse het verlede week aangekondig dat benewens die feit dat sy souse by verskeie kettingwinkels, soos Pick n Pay, Woermann Brock aan die kus en Metro beskikbaar is, gaan hy sy bedrywighede nog verder uitbrei met die plaaslike groothandelaar Wutow Trading wat voortaan sy produkte sal versprei om sy mark beter te bereik.

“Ons missie is om die grootste vervaardiger van brandrissieprodukte in Namibië te word, en ons visie is dat Namib Chilli ’n huishoudelike naam word en op elke tafel in die land moet pronk,” sê Namib Chilli in sy aankondiging.

Johann Viljoen het Namib Chilli begin toe hy noodgedwonge ’n inkomste moes verdien aangesien sy planne om saam met sy vrou, Luzaan, by ’n verblyfplek op Twyfelfontein te gaan werk, platgeval het weens die Covid-19-pandemie.

Johann het toevallig een aand 'n brandrissiesous gemaak en wat daarvan oorgebly het ’n ruk later saam na ’n kampuitstappie geneem. Die sous se geure het intussen “ontwikkel” en dit het hom nuuskierig gemaak.

Hy het daarna met verskeie soorte brandrissiesouse begin eksperimenteer en dit later vir familie en vriende begin gee.

“My vrou het my eendag uitgeskel en gesê ek moet ophou om die souse weg te gee en ek moet dit begin verkoop,” het Johann voorheen aan Republikein gesê oor die begin van sy besigheid.

Hy het toe dié souse by markte in Swakopmund begin verkoop en later na Europa en Suid-Afrika begin uitvoer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!