Fiela van Rooyen (amper sewe maande) is gestewel (of is dit gehekel?) en gespoor en sy rugsakkie gepak vir ’n uitstappie saam met pappa Leon vir Vadersdag. Republikein wens alle pappas, die wat droom om eendag ’n pappa te wees en die wat instaan as iemand se pappa ’n baie spesiale Vadersdag toe!
FOTO LEON VAN ROOYEN
Fiela van Rooyen (amper sewe maande) is gestewel (of is dit gehekel?) en gespoor en sy rugsakkie gepak vir ’n uitstappie saam met pappa Leon vir Vadersdag. Republikein wens alle pappas, die wat droom om eendag ’n pappa te wees en die wat instaan as iemand se pappa ’n baie spesiale Vadersdag toe! FOTO LEON VAN ROOYEN

’n Fielavlooi Vadersdag

Kristien Kruger
Verskeie inskrywings wat reeds ontvang is vir Synergi Marketing Agency se Vadersdagkompetisie, prys pa's vir hulle liefde en ondersteuning. Sommiges pa's motiveer hulle om hard te werk, nooit moed op te gee nie en altyd nederig te bly.

"Hy is my steunpilaar. Hy is 'n pa wat hard werk om sy kinders met sy klein inkomste te onderhou. Ons is wie ons is as gevolg van hom."

Dit is maar een van vele boodskappe van raad en waardering wat mense oor hulle pa's ingestuur het vir die kompetisie wat vandag sal sluit.

Gooi gerus ’n ogie op Synergi se Facebook-blad waar talle foto's van pa's met hulle kinders die afgelope week gedeel is. Die inskrywings met die meeste "likes" teen middernag op 16 Junie, sal ’n onvergeetlike naweekwegbreek wen.

Al wat jy hoef te doen is om ’n opregte oomblik saam met jou pa vas te vang en dit met hulle te deel saam met ’n boodskap met die beste raad wat jou pa nog vir jou gegee het.

Stuur jou foto en boodskap deur die nommer 085 785 6231 op jou foon te stoor of skandeer die QR-kode.

WhatsApp dan #Enjoy na ons Synergi Chatbot en kies “Father’s Day Competition”. Volg die stappe om jou foto en boodskap op te laai.

Sodra jou inskrywing geplaas is, moedig jou vriende en familie aan om jou foto op ons Facebookbladsye te “like”.

Die kompetisie word aan jou gebring deur Synergi in met Enjoy Travel Namibia. Maak hierdie Vadersdag onvergeetlik!

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!