’n Glimlag nes myne en joune
Vreugde van gestremde kinders vasgevang
“Dit vat ’n spesiale mens en fotograaf met baie karakter om na ’n kind met ’n gestremdheid te kyk en die vreugde en die mooi daarin te sien.”
So het die Side by Side Early Intervention Centre se besturende direkteur, Huipie van Wyk, oor die fotograaf Lourika Breed gesê.
’n Fotosessie is onlangs by Side by Side in Katutura gehou.
“Ek het elke klaskamer besoek en gelukkige oomblikke vasgevang van almal wat ’n hindernisbaan gedoen het. Teen die tyd dat ons die laaste klaskamer bereik het, kon ek dit net nie meer inhou nie en die trane het net begin loop. Hulle is almal so gelukkig!” vertel Breed.
’n Spanlid by Side by Side, Teagan Hohls, glo dat die fotosessies die kinders se vreugde na vore bring en belangrik is om vir Namibië te wys waartoe ’n kind met ’n gestremdheid in staat is.
“Elke foto spreek kragtige woorde sonder om eers ’n woord te sê en dit is wat ons uit hierdie fotosessies wil hê; om ’n voetspoor in die samelewing vir gestremdheid te laat,” vertel sy.
FOTOGRAAF
Hoewel Breed ’n fotograaf is wat hoofsaaklik gesinsfoto’s neem, het sy ’n passie vir dokumentêre foto’s.
“Dit was my eerste liefde, so as ek die geleentheid kry om sulke foto’s te neem, dan gryp ek dit aan!”
Sy geniet dit ook om met organisasies saam te werk en het die fotosessie by Side by Side ontsettend geniet.
“Die kinders is almal so gelukkig. Hulle hardloop na jou toe, gee drukkies en begin dadelik ‘cheese’ te sê wanneer hulle die kamera sien. Dan besef ’n mens, hulle dink nie aan hulself as kinders met gestremdhede nie,” vertel Breed.
Sy het reeds op 12 haar eerste “mik-en-druk-kamera” gekry en haar gesin se katte en honde was van haar eerste modelle. Op 17 het sy haar eerste digitale kamera gekry, maar sy het eers in 2011 haar passie met ’n erns begin volg.
“Ek was vir meer as twee jaar in Thailand en daar het ek fotografiekursusse gedoen, geoefen, gespeel en my webtuiste begin. In Desember 2013 het ek teruggekeer Namibië toe en my eerste familiesessie afgeneem.”
Sy is mal oor kinders en sy vertel haar gunsteling deel van haar werk is die mense. Haar doel is om vir gesinne “kunswerke” te gee met mooi lig en asemrowende agtergronde.
“Hare wat oor jou dogtertjie se gesig waai. ’n Silhoeët van jou seuntjie se lyfie teen die sonsondergang. Nie net ‘staan daar by die boom en sê cheese’, nie!”
Breed se fotosessie was vir Side by Side se jaarlikse foto’s. Die span wou hierdie jaar meer ontspanne foto’s van die kinders neem.
“Ek is altyd opgewonde om hulle foto’s te neem en ek doen dit vir die liefde daarvan.”
UITGESLUIT VAN DIE SAMELEWING
Beide Van Wyk en Hohls stem saam dat daar ’n gebrek aan inklusiwiteit van gestremde kinders in Namibië is.
“Die samelewing sluit so maklik hierdie kinders uit. Dit is eintlik maar net onkunde. Ons verstaan nie gestremdheid nie. Die ouers voel uitgesluit. Die ma’s voel soms hulle is nie deel van die samelewing nie en steek baie keer hulle kinders weg omdat mense nie verstaan nie,” verduidelik Van Wyk.
Side by Side poog om ’n inklusiewe ruimte te skep waar kinders met verskillende vermoëns kan floreer en hulle volle potensiaal kan bereik.
“Om te ly is ’n keuse. Om te sê jy is ’n slagoffer, is ’n keuse wat jy maak. Jy het beheer oor dit. Hierdie foto’s wys dat hierdie kinders nie slagoffers van hulle gestremdhede is nie,” het Van Wyk gesê.
“Hulle weer hulle is soveel meer as die boksies waarin mense hulle sit en as die kinders dit weet, hoekom weet ons dit nie ook nie?”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie