’n Klein sportman met groot drome

Iréne-Mari van der Walt
Hoewel die tienjarige Ethan van Greunen nuut is tot binnenshuise hokkie, het hy groot drome om eendag sy land in dié sport te verteenwoordig.

Dié jong sportman is van Swakopmund en hoop om binnekort saam met die Coastal Cranes-hokkiespan na Kaapstad te toer. Om toergeld en geld vir toerusting in te samel, word daar tans toffieappels gemaak en verkoop.

Ethan se familie is agter dié inisiatief en het ook die hulp van ander ingespan met die hoop om sowat N$16 350 vir Ethan in te samel.

Tydens die komende toer sal die span aan die Pro Series Indoor (PSI) se Suid-Nasionale hokkietoernooi in Kaapstad deelneem, wat vanaf 20 tot 23 Junie sal plaasvind.

Volgens Ethan se ma, Angie Botha, het hy verlede jaar veldhokkie begin speel en eers aan die begin van vanjaar vir die eerste keer binnenshuise hokkie gespeel tydens ’n mini-wêreldbekertoernooi by die MTC Dome in Swakopmund.

“Hy het ’n groot liefde daarvoor gekry. Hy geniet dit baie en almal wat hom sien sê dit lyk of hy al jare lank speel,” vertel sy.

Wanneer Ethan nie op die hokkieveld of die binnenshuise baan is nie, speel hy graag sokker saam met sy vriende.

“Ek weet nie waar hy sy liefde vir sport vandaan gekry het nie, maar hy het dit beslis nie by sy ma geërf nie,” skerts Angie.

Sy verduidelik dat Christiano Ronaldo Ethan se sportheld is, maar dat hy sokker vir eers opsy geskuif het om al sy aandag op hokkie te vestig.

“Dit is hoe hy is; hy sit alles en nog meer daarin,” sê sy.

Angie vertel verder dat Ethan verskeie sportsoorte probeer het voor hy uiteindelik sy liefde vir sokker en hokkie gevind het.

“Krieket was vir hom te vervelig en hy het nie van rugby gehou nie.”

Sy vertel ook dat Ethan ’n liefdevolle seun is met ’n groot hart.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!