Riaan Smit, die eerste Have a Heart Namibia ambassadeur  met huisdiere Zoe, Ozzy en Charlie. Foto verskaf
Riaan Smit, die eerste Have a Heart Namibia ambassadeur met huisdiere Zoe, Ozzy en Charlie. Foto verskaf

’n Liefde vir troeteldiere

Tanja Bause
Die Namibiese musikant Riaan Smit het die heel eerste ambassadeur vir die organisasie Have a Heart Namibia (HaH) geword.

Riaan is self ’n groot diereliefhebber en die trotse “pa” van twee katte en twee honde.

“Ek het my kat Zoe in 2020 van die Cat Protection Society of Namibia in Windhoek gekry. Sy is my klein terapiekat, want sy gee die beste knuffels. Zohan is my mannetjieskat. Hy is in ’n boks in my ouers se erf gelos. Hy was so klein en oulik – nou is hy ’n groot seun en moeilikheidmaker, maar ons is baie lief vir hom,” het Riaan gesê.

Sy twee honde, Ozzy en Charlie, is broers wat hy ’n paar maande gelede by die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek gekry het.

“Toe ons uitgevind het ons gaan ’n baba ryker word, het ons besluit om honde te kry om ons gesin te voltooi.”

Riaan het in ’n huis met sewe honde en sewe katte – wat deel van die gesin was – grootgeword.

“Ek het myself altyd as ’n tipe Dr Dolittle-karakter gesien, aangesien ek nog altyd ’n verbintenis met diere het. Ek kan nie hulle taal verstaan nie, maar ek kan hulle gevoelens verstaan en daarmee assosieer. Ek hou nie daarvan om ’n skeiding tussen mens en dier te sien nie. Ons is almal inwoners van dieselfde rots en ons deel hierdie planeet. Ek sien ons nie as hoër lewensvorme as diere nie. Mense is nie van die diereryk geskei nie, ons het net ons eie manier om te kommunikeer.”

HaH is in 2013 gestig en het die afgelope 11 jaar ’n verskil in 21 800 katte en honde se lewens gemaak.

“Have a Heart Namibia is in 2013 gestig en is toegewyd daartoe om ’n verskil in troeteldiere en hul eienaars se lewens te maak. Ons bied gratis sterilisasie, inentings en parasietbehandeling aan honde en katte van lae- en geen-inkomstehuise, want ons glo en het gesien dat sterilisasie die enigste manier is om die oorbevolking van katte en honde in ons land te beveg. Ons pogings voorkom lyding en dit verlig die las op ontelbare gemeenskappe,” het Anne Mans van HaH gesê.

Riaan sê hy het betrokke geraak omdat die organisasie sulke goeie werk doen om die diere en gemeenskappe te help.

“My rol by HaH is om te versterk wat hulle doen en om bewustheid van hul belangrike werk te skep. Die plan is om self na die gemeenskappe te gaan en te wys wat hulle doen. As ’n geleentheidsbeplanner hou ek baie funksies en ons sal saam met HaH werk om geld in te samel en bewustheid van hul projekte te skep.

“In die komende maande sal HaH die begunstigdes van ’n paar projekte wees wat ek in die pyplyn het. As HaH Namibia se ambassadeur beoog ons om saam te werk om gemeenskappe en hul diere deur die organisasie se belangrike werk te help,” het Riaan gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!