’n Nuwe been vir Amirah
Henriette Lamprecht - Met haar donker ogies en pruilmondjie is sy die mooiste bondeltjie energie wat graag op “Jesus het my mooi gemaak” dans.
Pa Juandré en ma Yolandy Strauss se “ougat” jongste dogtertjie wat ten spyte van ’n uiters seldsame toestand wat by een uit elke miljoen geboortes gediagnoseer word, soveel vreugde vir hulle saam met ousus Kiara bring.
Amirah wat in Augustus haar tweede verjaardag vier, is met die raar toestand, Tibia hemimelia, gebore, ’n gedeeltelike of totale afwesigheid van die tibia.
Eenvoudig gestel beteken dit Amirah is met ’n korter tibia, ook bekend as die skeen- of skenkelbeen, as normaal gebore, wat ’n verskil in die lengte van haar regterbeen veroorsaak.
Volgens Juandré is sy jongste dogter onder Paley se navorsing vir behandelingstrategieë met tipe 2A Tibia hemimelia gediagnoseer. Die goeie nuus is dat dit nie nodig is om haar beentjie te amputeer nie, omdat haar tibia gerekonstrueer kan word.
“Jy kry verskillende tipes en met tipe 1 tot 3 is daar nog mobiliteit in die enkel en knie en kan jy nog iets daaraan doen.”
In Amirah se geval beteken dit haar beentjie moet met 5 cm gerek en haar voetjie reggedraai word.
“Tipies moet ’n osteotomie van die bene (tibia) net bokant die enkelgewrig gedoen word, voordat ’n heroriëntasie van die voet uit sy aanvanklike klompvoetposisie kan plaasvind,” verduidelik Juandré.
Hierdie is net die eerste van die vierfase-rekonstruksieplan wat vir die volgende paar jaar vir Amirah in plek is.
“Gevolglik word die verlenging dan so gou as moontlik gedoen om nie die groei of ontwikkeling van Amirah se been te verhinder nie.”
Die rekonstruksie sluit die herstel van bene, spiere en gewrigte in wat deur die hemimelia geraak word. Die uiteindelike regstelling kan dus gedoen word deur haar been oor tyd te verleng, verduidelik Juandré.
Amirah se operasiedatum is 5 Augustus in die Louis Leipoldt-hospitaal in Kaapstad in Suid-Afrika, met ’n uiters bekwame span spesialiste wat haar behandeling bestuur.
’n Spesiale insamelingsveldtog is nou begin om die nodige geld vir Amirah se mediese koste en operasie in te samel wat nie deur hul mediese fonds gedek word nie. Die gesin sal ook vir ten minste twee maande in Suid-Afrika moet bly om Amirah se vordering ná die operasie dop te hou en waartydens sy ook terapie sal ontvang oor hoe om met die eksterne stut te loop en saam te leef tydens die herstelfase.
Die eksterne stut (fixator) word gebruik om die bene te stabiliseer en in lyn te hou. Dit kan ook ekstern verstel word om te verseker dat die bene in ’n optimale posisie tydens die hersteltydperk bly.
Mense wat graag ’n bydrae tot Amirah se rekonstruktiewe chirurgie wil maak, kan op die skakel https://www.backabuddy.co.za/campaign/help-fund-baby-amirahs-reconstructive-surgery kliek of vir meer besonderhede vir Juandré by 081 215 1840 skakel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie