’n Persoonlike blik op Maltahöhe se geskiedenis
Van kleremaker tot bedrywige bouer en nou ’n boer
Daniel se ma se mense was deel van die eerste groep immigrante wat in 1800 vanaf Pella in die Noord-Kaap na Maltahöhe gekom het.
“Ek het in 1968 met die NG Kerk in Maltahöhe se fondasie gehelp. Daardie tyd was daar nie mense in Namibië wat met terrazzo-teëls kon werk nie en twee mans van Italië is ingevlieg om dit te doen. My baas het vir my gesê: ‘Jy los nou jou werk en bly saam met die manne. Jy moet jou oë kosgee en jou ore oophou en alles leer wat jy kan leer.’ Dis wat ek vir die volgende ses maande gedoen het en toe hulle hier weg is, het ek met die werk aangegaan en tot by die boonste punt van die kerktoring geteël,” het Daniel Isaaks (86) van Maltahöhe gesê.
Sy ma se mense was deel van die eerste groep immigrante wat in 1800 vanaf Pella in die Noord-Kaap na Maltahöhe gekom het.
AFRIKAANS
Alles het in die Kaap begin toe Jan van Riebeeck daar aangekom het en die Khoisan-mense daar aangetref het.
“Soos hulle saamgewerk en mekaar leer verstaan het, het hulle kennis gemaak en vir mekaar begin kyk. Dit was nie lank nie, toe begin hulle ’n nuwe volk. Die pa’s was van Europa en die ma’s van Afrika. Die ma’s het Khoi gepraat en die pa’s Hollands. Daar is besluit dat daar geboorte aan ’n nuwe taal gegee moet word en Jan het onderwysers vanaf Holland ingebring. Die onderwysers het van die Khoi-taal en die Hollandse taal gevat en aan ’n taal begin bou wat hulle Afrikaans genoem het.
“Dis hoe die taal ontstaan het. Die kinders kon hulself nie Khoi of Hollanders noem nie omdat hulle gemengde bloed gehad het en só is die Afrikaners en die taal gebore. Afrikaans is ons almal se taal.”
Later het ander Europese nasies soos die Engelse, Franse, Portugese en Duitsers ook na Afrika gekom en die groepe het verder gemeng, vertel hy.
KERK
In 1863 het die eerste sendelinge van die Rynse Sendinggenootskap (RSG) in Gibeon aangekom. Hulle het uitgebrei en in 1913 ’n gemeente in Maltahöhe gestig en in 1923 is die Evangeliese Lutherse Kerk van die Republiek van Namibië (ELCRN) gebou.
“My pa, Hendrik, was ’n onderwyser en hy is in 1933 hierheen gestuur om ’n skool te begin. Hy was die skoolhoof, ’n onderwyser en ’n evangelis by die kerk gewees. Ek is hier in die kerk se pastorie gebore – in die gebou wat vandag nog die pastorie is.”
Hendrik is later Karibib toe gestuur om opleiding as ’n leraar te ontvang. Hy een was van die eerste mense wat in 1947 die opleiding ontvang het. Hy het daarna teruggekom en vir die gemeente begin werk.
“Daar was baie ander kinders wat ook in die pastorie gewoon het. Kinders van die omliggende plase wat hier op die dorp skoolgegaan het. My pa se droom was om ’n koshuis te bou sodat die kinders en nog meer ’n tuiste het wanneer hulle moet skool toe gaan.
BOUER
Daniel het in Windhoek opleiding ontvang om ’n kleremaker te word.
“Ek het geleer hoe om pasgemaakte pakke vir mans te maak. Dit was daardie tyd ’n edele werk en ek het vir baie mans pakke gemaak nadat ek klaar gestudeer het. Intussen is ek egter ook opgelei om ’n bouer te word, iets wat my ook geïnteresseer het.”
In 1964 het Daniel besluit om voltyds ’n loopbaan in die boubedryf te volg.
“Ek het my pa se droom verwesenlik en aan die koshuis langs die kerk help bou.”
Hy het ook ’n hand gehad in die bou van die polisiekantoor op die dorp.
“Die poskantoor was aan die een kant, langsaan was die polisiekantoor en om die hoek die landdroshof. Alles was in een gebou en daar was ‘n groot stoep voor en langs die gebou. Die gebou is toe gesloop en drie aparte geboue met die polisiekantoor is op die oorspronklike plek gebou. Ek het gehelp om die groot brug te bou waaroor ’n mens ry wanneer jy die dorp verlaat op pad na Helmerighausen.”
In 1968 was hy betrokke by die bou van die NG Kerk. Hy het ook met herstel- en opknappingswerk aan Maltahöhe se ou swembad gehelp.
“Die swembad is al in die sestigerjare gebou voor ek daar was. Ek was by die restourasie en die bou van die pomphuise betrokke. Ek het ook ’n huis vir ’n Duitse boer gebou. Hy was een van die boere wat met die swart diamante (karakoelskape) geboer het. Dit was sy besigheid, daar was ’n haarsalon en ’n apteek in die gebou. Die regering het later die gebou gekoop en nou is die veearts-kantore en die landboukantore daar.”
Daniel het egter nie net gehelp om Maltahöhe op te bou nie, hy het ook gehelp om die Windhoek Hoërskool (WHS) in die hoofstad te bou en die restaurant, akkommodasiegeriewe en die kantoor by die Hardapdam.
“Daardie ronde restaurant was ’n uitdaging. Die steierwerk was aan toue vas en ons het op hulle gestaan en bou. Dit het gevoel asof jy op die see staan. As jy afgekyk het, het jy net damwater onder jou gesien.”
GESKIEDENIS
Die Maltahöhe Hotel is die oudste gebou op die dorp. “Dit is gebou lank voordat ek gebore is en die tyd wat ek begin het om mens te word, was mnr. Sircoulomb die eienaar gewees. Baie van die ou geboue hier was met die natuurlike stene gebou. Soos die Schmiede (smede) wat met yster gewerk het en die wiele van die ossewaens reggemaak het. Baie van die geboue is afgebreek.”
Daniel vertel in sy jongdae was daar twee volwaardige banke op die dorp.
“Vandag het ons net ’n OTM. Ons dorp het baie gekrimp, hulle het selfs ons status laat krimp van dorp na nedersetting. Ons dorp is baie ryk aan geskiedenis hulle het ons gekrimp, maar die geskiedenis bly. Ons het selfs ’n hospitaal met twee dokters gehad en hulle het hier op die dorp geopereer. Die eerste dokter wat ek kan onthou was ’n vrou, dr. Heusen. Vandag het ons slegs ’n gesondheidsentrum met verpleegsters. Nadat die karakoelbedryf inmekaargestort het en baie boere die omgewing verlaat het, het alles verander. Maar hier in die dorp is mos nog baie mense en al die toeriste wat hier verby kom, maak ons ’n belangrike dorp.”
BOER
Nadat hy vir 16 jaar in die boubedryf gewerk het, het hy in 1979 afgetree en op die pad tussen Maltahöhe en Kalkrand ’n plaas gekry waar hy nou met bokke boer.
“Ek was gelukkig om ’n hervestigingplaas te kry en nou boer ek. Ek het skape gehad, maar hulle is almal gesteel. Veediefstal is ’n groot probleem in ons omgewing.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie