'n Plek van heelword

Geskiedkundige sokkertoernooi op Rehoboth
Die holistiese benadering bemagtig mense om hul stryd teen middelmisbruik te oorkom om uiteindelik 'n punt van verandering en genesing te bereik.
Henriette Lamprecht
Boet Matthews - Besighede en die gemeenskap van Rehoboth het die naweek hande gevat om ’n vyf-aan-’n-kant-straatsokkertoernooi, die eerste van sy soort in die land, aan te bied.

Die samekoms van sakelui en inwoners was ten bate van die Rejuvenation-projek op die dorp wat fokus op die genesing en ondersteuning van diegene wat in die kloue van verslawing vasgevang is.

Die sokkersterre Henrico Botes en Danzyl Bruwer wat albei al vir die Brave Warriors opgedraf het, was deel van die organisering van en ook spesiale gaste van die straattoernooi.

Botes was ’n dodelike voorspeler en het amok gesaai met sy skopskoen in die Suid-Afrikaanse Premierliga, terwyl Bruwer se briljante vangskote in die doelhok toeskouers op hul voete gehad het.

Rehoboth se burgemeester, Amanda Groenewaldt, het die straattoernooi beskryf as “een van die beste dinge wat op ons dorp gehou kon word”.

“Dit bied geleentheid aan die jeug om weg van die strate te bly en dit is ’n geleentheid om nuwe vriende te ontmoet,” het sy gesê.

Daar is deesdae wêreldwyd baie dinge wat die jeug

uitlok om in verkeerde rigtings te beweeg en met

verkeerde mense vriende te wees, het Groenewaldt verduidelik en die hoop uitgespreek dat die

straatsokkertoernooi die begin van groter dinge vir die sportsoort en ’n deurbraak vir talle jongmense met groot drome sal wees.

“Stap weg van die verkeerde dinge voordat dit nog kan gebeur. Stap weg van verkeerde dinge soos alkohol en verdowingsmiddels, al lyk dit so onskuldig. Vermy dwelms. Moenie eens daaraan dink nie, want jy kan baie maklik verslaaf raak aan die verkeerde goed en dan die verkeerde ding doen.

“Dis nou die tyd om ‘nee’ te sê vir die gebruik van dwelms,” het Groenewaldt gemaan en jongmense aangemoedig om hard aan ’n suksesvolle toekoms te werk.

“Dis tyd om die wêreld in die oë te kyk en te bewys dat jy iets beter met jou lewe in jou gemeenskap kan doen.”

Sy het haar dank uitgespreek teenoor die organiseerders van die toernooi, diegene wat hul hande diep in die sakke hiervoor gesteek het en ook die kinders wat deel was van die geskiedkundige sokkertoernooi op Rehoboth.

’n Boorling van Duitsland wat sy kennis met leerlinge van die Hoërskool M.K Gertze gedeel het, het erken “ek hou van wat ek hier sien. Die vele talent en die aantal spanne wat deelgeneem het, is regtig ’n riem onder die hart. Die kompetisie het ook gesorg vir goeie kameraadskap tussen toeskouers en deelnemers van 30 skoolspanne.”

Bruwer en Botes het op hul beurt gesê hulle is opgewonde oor wat die toekoms van straatsokker vir hulle inhou.

“Ons is oortuig dat die insette van maatskappye en die plaaslike gemeenskap ’n wenperd kan opsaal. Die belangstelling is ongelooflik.”

Die eerste wenners van die toernooi is Young Blockers

wat in die finaal met 2-1 teen Upcoming geseëvier het. In die plaatfinaal het Young United met strafskoppe gewen, nadat die eindtelling teen Ghetto Boys met 1-1 gelykop geëindig het.



JEUGPROGRAM

Intussen berig Henriette Lamprecht die Rejuvenation-jeugprogram is deur Tinah Rajaal gestig met die doel om mense te help om ná dwelm- of alkoholmisbruik te herstel.

As ’n integrale deel van die geestelike berading op die reis na herstel, takel die program nie net die fisieke aspekte van verslawing nie, maar ook die emosionele en sielkundige faktore wat tot die kringloop van middelmisbruik bydra.

Die program het sy oorsprong in Usakos, maar het sedertdien sy omvang en impak uitgebrei met ’n tweede sentrum wat op Rehoboth gevestig is.

Dié uitbreiding onderskryf die groeiende erkenning en sukses van die program om ondersteuning maar ook leiding te verskaf aan diegene wat uit die kloue van verslawing in verskillende gemeenskappe wil ontsnap.

Volgens Michelle Diergaardt wat nou by die program betrokke is, bemagtig die holistiese benadering mense om hul stryd teen middelmisbruik te oorkom om uiteindelik ’n punt van verandering en genesing te bereik.

“Die persoonlike sorg en ondersteunende omgewing en ’n fokus op innerlike groei en refleksie help deelnemers om nie net van verslawing te ontsnap nie, maar ook om ’n hernieude sin en doel vir die lewe te kweek,” verduidelik Michelle.

Sy erken die proses om deelnemers te help om vaardighede aan te leer as deel van die program het sy eie struikelblokke, veral wanneer die regte toerusting nie beskikbaar is nie.

Dit keer egter geensins die organiseerders van die program wat gereeld die inisiatief neem om maniere te vind om geld in te samel om die nodige toerusting aan te koop nie. Die deelname van plaaslike maatskaplike werkers, lewensafrigters en geestelike leiers is ’n sleutelkomponent in die herstelproses, sê Michelle.



TASBARE PROJEKTE

Die Rejuvenation-jeugprogram word aangebied in samewerking met die Rehoboth Metodiste-kerk wat as ’n agent vir genesing en verandering optree.

“Ons glo in die woorde van die stigtersvader John Wesley van die Metodiste dat daar geen heiligheid behalwe sosiale heiligheid is nie. Hiermee probeer ons verder gaan as om net berading en geleentheid vir genesing te bied. Ons soek tasbare maniere om hoop aan die deelnemer van die program te gee.”

Dié tasbare projekte fokus op tuine vir sopkombuise, ’n rekenaarsentrum, sowel as ’n ruimte vir voorskoolse kinders wat op die kritieke vroeë ontwikkeling van kinders fokus.

Met verwysing na die vyf-aan-’n-kant-sokkerprogram wat die naweek aangebied is, verduidelik sy die doel is om na die jeug uit te reik en “sokker is ’n manier om hulle te bereik”.

Die geld wat ingesamel is, sal gebruik word om geleenthede vir deelnemers aan die program te skep.

“Baie van hul gesinne het hulle afgeskryf weens hul verslawing.

“Ons wil ’n fonds skep waar ons entrepreneurs kan oplei en ontwikkel of projekte van die grond af kan kry om hulle te help om op hul eie voete te staan.

“Ons het ’n uiteenlopende reeks talente en vaardighede wat tot groot voordeel kan wees as die persoon net die regte geleentheid kry.”

Om bewusmaking onder jongmense oor middelverslawing te verhoog, word skole ook besoek om veral hier die boodskap uit te dra.

Volgens Michelle het die Metodiste-kerk op die dorp al hul beskikbare ruimte vir die program beskikbaar gestel.

Die grootste uitdaging bly egter dat wanneer deelnemers die program verlaat, hulle geen ondersteuning op hul nuwe pad ontvang nie en dan na hul ou weë terugkeer. Maar dit is ’n uitdaging wat hulle bereid is om te aanvaar en ’n situasie wat hulle wil verander, beklemtoon sy.

Vir meer inligting oor die program, stuur ’n e-pos aan Michelle by [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal | Real Betis 2 vs 0 Leganés SerieA: Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 40° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 17° | 35° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 10° | 31° Windhoek: 10° | 28° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:42, High tide: 06:54, Low Tide: 01:25, High tide: 19:15 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 33km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:52, Low Tide: 01:23, High tide: 19:13 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:51, Low Tide: 01:23, High tide: 19:12 Rehoboth: 8° | 26° Mariental: 11° | 27° Keetmanshoop: 11° | 26° Aranos: 10° | 28° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 11° | 27° Oranjemund: 11° | 17° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 23° | 35° Lubumbashi: 16° | 38° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 20° Antananarivo: 9° | 27° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 10° | 28° Cape Town: 11° | 17° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 22° | 35° Harare: 19° | 31° Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.62 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.61 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1645.13 | USD to ZAR 17.62 | USD to ZMW 26.47 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.28/OZ UP +0.12% | Copper US$ 4.24/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 961.30/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 73.23/BBP UP +1.68% | Platinum US$ 984.02/OZ DOWN -0.0108 Sport results: Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Wolves 1 vs 2 Newcastle | Tottenham Hotspur 0 vs 1 Arsenal | Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 0 Valencia | Las Palmas 2 vs 3 Athletic Club | Girona 1 vs 4 Barcelona | Celta Vigo 3 vs 1 Real Valladolid | Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal | Real Betis 2 vs 0 Leganés SerieA: Parma 2 vs 3 Udinese | Monza 1 vs 1 Inter Milan | Cagliari 0 vs 4 Napoli | Torino 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 2 Fiorentina | Genoa 1 vs 1 AS Roma | AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Portsmouth 0 vs 3 West Bromwich Albion | Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United Weather: Katima Mulilo: 22° | 40° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 17° | 35° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 10° | 31° Windhoek: 10° | 28° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:42, High tide: 06:54, Low Tide: 01:25, High tide: 19:15 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 33km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:52, Low Tide: 01:23, High tide: 19:13 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:40, High tide: 06:51, Low Tide: 01:23, High tide: 19:12 Rehoboth: 8° | 26° Mariental: 11° | 27° Keetmanshoop: 11° | 26° Aranos: 10° | 28° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 11° | 27° Oranjemund: 11° | 17° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 23° | 35° Lubumbashi: 16° | 38° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 20° Antananarivo: 9° | 27° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 10° | 28° Cape Town: 11° | 17° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 22° | 35° Harare: 19° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.62 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.61 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1645.13 | USD to ZAR 17.62 | USD to ZMW 26.47 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1787.81 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30260.24 Down -0.78% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.28/OZ UP +0.12% | Copper US$ 4.24/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 961.30/T UP 0.23% | Brent Crude Oil US$ 73.23/BBP UP +1.68% | Platinum US$ 984.02/OZ DOWN -0.0108