Bernard Habeb en die gesteriliseerde mopshond (pug) wat hy warm en veilig gehou het. Foto Erika de Jager
Bernard Habeb en die gesteriliseerde mopshond (pug) wat hy warm en veilig gehou het. Foto Erika de Jager

’n Sagte plekkie vir diere

Tanja Bause
Bernard Habeb van die Tsumeb Veterinary Clinic is in dié dorp bekend vir sy groot hart vir diere.

Volgens dr. Erika de Jager, aan wie die praktyk behoort, is Bernard al sedert die deure in 2008 geopen is deel van die span.

“Hy het ’n ongelooflike groot liefde vir alle diere. Ek kry hom baie waar hy by ’n dier sit en met hom gesels of die dier streel en liefde en aandag gee. Bernard is ook baie goed met kwaai honde en as daar ’n hond is wat gevang moet word, sal hy hom vang. As hy nie kan nie, kan niemand nie.”

Bernard het ook al aan perde-uithouritte saam met Erika deelgeneem.

“Bernard is net so goed met groter diere soos beeste, perde en skape.”

’n Tydjie gelede is ’n mopshond (pug) by die kliniek gesteriliseer. Ná haar operasie het Bernard ’n warmwaterbottel volgemaak en die hondjie in ’n kombers en met die bottel vasgehou.

“Dit was effens koud die dag en ek wou net hê sy moet warm wees en veilig voel.”

Die foto is in die sosiale media gedeel en kommentare op die plasing het ingesluit: “Bernard het ’n baie goeie hart”, “Hy het altyd so mooi na Milly gekyk”, “Tipies Bernard help altyd”, “Jy is ‘n ster” en “Hy is ‘n goeie mense met ’n hart van goud”.

Bernard het nie met diere grootgeword nie en alles wat hy van diere en hulle versorging weet, het hy by Erika geleer.

“Ek het nou ’n drie maande oue hondjie, Rex, wat myne is. Mense moenie hulle diere mors nie. Hulle moet ’n skoon plek hê, kos en water, en as dit koud is moet hulle warm gehou word,” het Bernard gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!