’n Sportlegende in eie reg
Hardloop op 69 steeds 10 km elke dag
Kappies Kapolo was die eerste Namibiër wat 800 meter onder 2 minute gehardloop het.
“Ek het in 1980 die eerste swart Suidwes-Afrika sportman van die jaar geword. Ek was ook die eerste Namibiër wat die 800 meter by byeenkomste onder twee minute gehardloop het,” het die sportlegende van die 1970’s en 80’s, Tate Lazarus (Kappies) Kapolo (69), gesê.
Hy het die bynaam Kappies weens sy unieke hardloopstyl gekry.
“Ek het 800 m gehardloop en so bietjie meer as 100 m van die wenstreep af het ek begin om my kop vorentoe en agtertoe te kap om nog bietjie meer energie te kry. Die mense het toe begin om my Kappies te noem.”
Tate Kappies is in ’n klein nedersetting buite Oshakati gebore. Hy het elke oggend en middag sowat 15 kilometer skool toe en terug gehardloop.
“In die reënseisoen het die oshanas met water opgevul en ek het daardeur gehardloop. Ek was gesond en ons dieet was goed. Ons liggame was sterk en versorg. Ek het tot vandag toe nog nooit my lippe aan alkohol gesit nie. Ek het geen idee hoe dit proe nie en ek stel ook nie belang om te weet nie.”
Terwyl hy sy pa se bokke opgepas het, het hy die hoërskoolkinders tydens die atletiekbyeenkomste hoor sing en skree.
“Dit was altyd baie mooi en ek het gaan kyk hoe hulle hardloop. Dit het my gefassineer en ek het in hoërskool begin hardloop.”
In 1975 het hy op Otjiwarongo aan die Suidwes-Afrika Atletiekkampioenskap deelgeneem en die 1 500-, 3 000- en 5 000 m gehardloop en gewen.
“Die sportbeampte wat saam met die Oranjemund-span daar was, het my raakgesien. Hy het niks gesê nie, maar ’n hele ruk later het ek een van my bure – wat in Oranjemund gewerk het en vir die vakansie by die huis was – na die bushalte vergesel. Dit was in Maart en die man was ook by die bushalte en hy het my gevra of ek in Oranjemund wil kom werk. Ek was nog nie klaar met skool nie en hy het vir my sy nommer gegee en gesê as ek belangstel moet ek hom bel.”
Ná hy skool voltooi het, het hy na die telefoonhokkie gegaan en gebel.
“Dit was die Woensdag. Hy het gesê ek moet hom Vrydag by die Consolidated Diamond Mines (CDM) se kantoor in Oshakati kom sien. Hy het gesê ek moet Grootfontein toe gaan en dan met die vliegtuig Oranjemund toe vlieg.
“Dit was my eerste keer op ’n vliegtuig. Teen die tyd wat ek in Oranjemund aangekom het, het ek nog nie geweet of ek geslaag het nie en dit eers daar uitgevind.”
Hy het in 1979 Oranjemund toe verhuis om vir CDM (nou Namdeb) as sportkoördineerder te werk.
HARDLOOP
“Ek het die Vrydag in Oranjemund aangekom en begin om saam met die span te oefen. Die week daarop is ons Transkei toe om aan ’n kompetisie deel te neem. Ek het die 800 m in 1:59:7 gehardloop en dit is toe hulle besef het dat dit my sterk punt is en ek het daarop begin konsentreer.”
Kappies het ’n rekordbreker in die 800 m geword toe hy in Februarie 1980 die eerste plek in die Diamant- en Goud-afdeling verower het met ’n tyd van 1:49:47. Hy was die eerste Namibiër wat dié item onder twee minute gehardloop het.
“Ek het die rekord in April verbeter, al het ek agtste geëindig in Potchefstroom in Suid-Afrika waar ek 1:51:09 geklok het,” het hy gesê.
Tate Kappies het sy goeie vorm in 1981 voortgesit by ’n byeenkoms in Kaapstad in Februarie waar hy 1:49:08 behaal het, hoewel hy derde geëindig het.
Hy het later daardie jaar sy tyd verbeter en ’n rekordtyd van 1:47:7 opgestel – wat vir meer as 22 jaar gestaan het.
Daniel Nghipandulwa het in 2011 die rekord met ’n tyd van 1:46:6 verbeter.
“Ek onthou by die sportbyeenkomste was daar ’n omroeper wat altyd afgekondig het wie hardloop in watter baan. Wanneer hy by my gekom het, het hy altyd gesê: 'In baan drie het ons vir die lang lenige Owambo-mannetjie van Oranjemund in Suidwes-Afrika, Lazarus Kapolo.'
“In 1881 het ek ’n junior Springbok geword en my held Frankie Fredericks ’n Springbok.”
In 1987 het hy aan die Europe Circuit (vandag die Diamantliga) deelgeneem en die viermalige Olimpiese medaljewenner Sebastian Coe in die eenmyl-resies in Oostenryk met ’n tyd van 3:56:00 geklop.
“Hardloop is my passie en ek hou nog steeds daarvan. Ek loop/hardloop tien kilometer elke oggend en aand. Ek het ook tennis gespeel terwyl ek nog in Oranjemund gewoon het. Maar nadat ek ses jaar gelede Ondangwa toe getrek het, het ek opgehou omdat niemand hier tennis speel nie. Ek gaan egter vir my dogter in Oranjemund kuier en sal beslis my raket saamvat en met die oumense daar gaan speel.”
RAAD
“Wanneer jy sport doen, kry jy die geleentheid om verskillende mense van oraloor die wêreld te ontmoet. Jy kan baie vriende maak.
“Sport is ook baie goed vir jou liggaam en hou jou gesond. Ek het teen Steve Ovett van die Verenigde Koninkryk gehardloop en in 1992 het hy weer kontak gemaak. Hy het vir my en my vrou na die Verenigde Koninkryk genooi en vir die hele besoek betaal.
“Ek is ’n groot sokkeraanhanger en Liverpool is my gunstelingspan. Steve het my na ’n wedstryd op Anfield gevat. Ek het hulle sien speel en ek het foto’s van my en die spelers. Dit was fantasties en dit sou nie moontlik wees sonder sport en die bande wat daar gevorm is nie.”
KRITIEK
Tate Kappies is teleurgesteld in die huidige sportadministrasie en die regering.
“Ons sportpersoonlikhede van destyds is vergete en beteken niks meer nie. Ons kan nog steeds waardevolle raad en wenke gee. Ek was die eerste swart sportman van die jaar, maar ek word nooit na die toekennings genooi om ’n paar woorde te sê nie. Ek wil nie geld hê nie. Ek wil net my ervaring deel. Kinders van vandag weet nie wie is Tate Kappies nie en ek persoonlik voel dat ek nog waarde kan toevoeg. My insette is nog iets werd.”
In Ondangwa het hy aan die begin van die jaar begin om 17 kinders in verskillende hardloop-items af te rig.
“Die kinders van vandag is ongelukkig redelik lui en daar is nou net drie meisies en twee seuns van die groep oor wat elke naweek kom oefen en ek sal hulle oplei solank hulle opdaag en belangstelling toon.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie