Namibië neem Donderdag van dr. Paul Ludik afskeid
Die gedenkdiens vir wyle dr. Paul Ludik (61), Namibië se bekroonde forensiese wetenskaplike, vind Donderdag om 11:00 by die nuwe kampus van die Namibiese polisie se Forensiese Wetenskapsinstituut in Onafhanklikheid in Windhoek plaas.
Ludik is op 22 Junie dood nadat kanker kort tevore by hom gediagnoseer is.
Hy was direkteur van dié instituut vanaf 1995 tot sy aftrede op 31 Augustus 2020. Hy het daarna steeds as konsultant en raadgewer werk vir die instituut gedoen.
Huldeblyke het ná sy dood van oraloor ingestroom.
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie sê in ’n verklaring sy ter aarde bestelling daarna sal ’n private familiegeleentheid wees.
Sy vrou, Susan, het intussen versoek dat mense pleks van ruikers te gee, eerder die volgende twee instansies geldelik sal ondersteun.
Die Mururani Combined Community Hostel wat bestuur word deur ’n vriendin van die afgelope 20 jaar, me. Susje Mbumba. Rekeningbesonderhede: Mururani Combined Community Hostel, Bank Windhoek, 8001331631, Rundu-tak 483173.
Me. Donna Collins van die Township Dog-projek vir haar “wonderlike en onbaatsugtige werk” om die leefwêreld van diere in informele nedersettings te verbeter. Rekeningbesonderhede: DR Collins, FNB Namibia, 55501158155, takkode 280172.
Sy bedank Namibiërs in ’n inskrywing op Facebook vir hul liefde en ondersteuning en sê dit hou hulle as familie aan die gang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie