Namibië se bekroonde Girley
Beste aktrise in Afrika vir The White Line
Girley glo in voortdurende en konstante ontwikkeling en sy woon gereeld toneelspel- en oudisiewerkwinkels by.
“Om ’n nuwe taal vir ’n fliek aan te leer, was een van die hoogtepunte in my lewe. Ek moes Oshiherero vir The White Line aanleer. Hoewel ek Herero is, kon ek nie die taal vlot praat nie.
“Ek het drie maande gehad om die taal te bemeester. Ek het hoër vlak Afrikaans op skool gehad en vir die fliek het die regisseur gesê ‘nee, jy kan nie sulke suiwer Afrikaans praat nie, jy moet klink soos ’n kombuismeisie in 1963’. Dan moes ek ook die Oshiherero- en Afrikaanse aksente meng.
“Vir Der vermessene Mensch het ek bietjie meer as ’n week gehad om Duits te leer en beide kere het ek dit gedoen,” het Girley Charlene Jazama, aktrise, skrywer en vervaardiger, gesê.
Girley is bekend vir haar rolle en aandeel in verskeie flieks.
In The White Line was sy die hoofaktrise asook een van die vervaardiger. Die fliek is in 2018 geskiet en in 2020 vrygestel.
Daarna was sy die medevervaardiger, medeskrywer en produksiebestuurder vir die 2019-fliek Baxu and the Giants. Verlede jaar het sy in Under the hanging tree gespeel en het later dieselfde jaar die hoofrol in die Duitse fliek Der vermessene Mensch vertolk.
GIRLEY
Girley is in Okahandja gebore en in Karibib getoë. Sy het haar skoolloopbaan aan die Privaatskool Karibib voltooi.
“As kind was ek ’n alleenloper en introvert. As die middelste van sewe kinders het ek dit geniet om in my kop te wees. Dit is toe ek begin skryf het. Ek was ook deel van die skool se dramagroep. Ek onthou ek het James Brown in ’n musiekblyspel gespeel. My ma het my nie eens herken nie. Sy het my gevra wanneer is dit my beurt om op die verhoog te gaan. Ek het ook op skool Rafiki van The Lion King gespeel. Ek dink dit is waar my liefde vir toneelspel en die uitvoerende kunste begin het.”
Ná skool het Girley na die Universiteit van Kaapstad (UCT) gegaan om ’n baccalaureus in wetenskap met geologie as hoofvak te voltooi. Haar ouers het nie gedink sy kon ’n loopbaan uit uitvoerende kunste maak nie.
“Ek het gedurende die vakansietyd in my eerste jaar by die Navachab-goudmyn as ’n geologiese assistent gewerk. Ek het daarna vir my ouers gesê as ek moet teruggaan, gaan ek iets doen wat ék wil doen.
“Ek het ’n oudisie by die Waterfront Theatre School afgelê en by die UCT-dramaskool. Ongelukkig het my ouers nie die geld gehad nie en ek het terug Windhoek toe gekom en by die Kollege van die Kunste (Cota) aangesluit en vir my eie studies betaal.”
Girley het terselfdertyd vir ’n buikdansstudio gewerk waar hulle vir maatskappye opgetree het. Sy het ook Latyns en baldanse gedoen en ’n brons onderwyssertifikaat in dié twee dansstyle verwerf.
“Ek het gevoel dit is iets wat ek vir myself moes doen. Ek kon nie wag totdat my ouers die geld het nie. Ek het na die Waterfront Theatre School se kurrikulum gekry en besef dit is ’n voordeel as ek basiese danskennis het. Ek het besef dat ek ’n noot moet kan hou. Ek het besluit om Cota toe te gaan vir die teoretiese deel, leer dans en so ook ’n bietjie geld te verdien.”
Ná COTA
Nadat Girley by Cota klaargemaak het, het sy as kopieskrywer begin werk en agtergekom dat sy kan skryf.
“Ek het kreatiewe skryf by Cota gedoen en selfs ’n toneelstuk geskryf wat op televisie uitgesaai is. Ek het vir 17 jaar toneel gespeel en kopie geskryf totdat ek in 2015 besluit het dat ek nie jonger word nie en nie langer op mense kan wag om geleenthede vir my te skep nie; ek moet dit nou vir myself doen.”
Girley glo in voortdurende en konstante ontwikkeling en sy woon gereeld toneelspel- en oudisiewerkwinkels by. So het sy in 2017 aan die Hollywood Acting Immersive-program in Los Angeles deelgeneem.
“Ek het vir borge gesoek en op die ou einde het ek my spaargeld gebruik en met die hulp van my familie soontoe gegaan. Daar het ek geleer dat jy nie vir ander mense kan wag om flieks vir jou te maak nie.
“Ek moet geleenthede vir myself skep en net toe ek teruggekom het, het ’n vriend gevra of ek belangstel om by The White Line betrokke te raak. Ek het ‘ja’ gesê en vandaar af het dinge net begin gebeur.”
FLIEKS
The White Line speel ná die ou lokasie-opstand in 1963 af toe ’n swart bediende se lewe handomkeer verander het toe sy ’n Afrikaner-polisiebeampte tydens ’n roetine-pasboekkontrole teëkom. Hulle onwettig liefde vir mekaar het deurentyd gegroei deur die briewe wat hulle aan mekaar geskryf het.
Dit is die fliek wat vir Girley haar Sotigui-toekenning as die beste aktrise in suidelike Afrika en die gesogte Sotigui D’or vir die beste aktrise in Afrika besorg het.
“Die toekennings is in Burkina Faso uitgedeel en ek wou nie soontoe gaan nie. Hulle het aangehou om te bel en gesê ek moet daar wees. Ek het regtig nie gedink ek sal enigiets wen nie. Hulle het aangehou en ek het gegaan. Alles was in Frans en toe hulle my naam uitroep, het ek verhoog toe gegaan en gedink ‘oukei, so nou het ek iets gewen’. Ek het ook in my aanvaardingstoespraak gesê ek weet nie wat ek gewen het nie en hoop iemand sal dit agterna vir my vertaal en verduidelik. Toe ek uitvind waarvoor ek gewen het, was ek baie trots. Ek lewe die lewe waaroor ek altyd gedroom het en passievol is.”
Girley voel dat toekennings erkenning is van die mense in die bedryf, maar dit is belangriker om jouself af te vra of ek alles gegee het en is ek tevrede met wat ek gedoen het?
DER MERMESSENE MENSCH
Die Duitsers veg teen die Herero’s en Namas.
’n Duitse etnoloog ontwikkel ’n obsessie met ’n Herero-vrou. Hy kan nie die tolk uit sy kop kry nadat sy as deel van die “Duitse koloniale uitstalling” na Berlyn gereis het nie. Tydens die oorlog reis hy onder beskerming van die weermag deur die land om artefakte te versamel en die tolk te soek.
“My mees onlangse werke het almal dieselfde soort boodskappe. Dit is belangrike temas en die stories moet vertel word, ook as deel van my storie as ’n Herero en as ’n Namibiër.
“Dit is ons plig as fliekmakers om ons stories te vertel sodat die geskiedenis nie vergeet word nie. Ek glo ons moet uit die verlede leer sodat ons nie dieselfde foute in die toekoms maak nie.
“Der vermessene Mensch is op die oomblik baie aktueel veral met die voortdurende gesprekke oor reparasie. Ek kan nie wag dat mense die flieks kan kyk nie, maar ek is nou reg vir ’n skop-skiet-en-donder-fliek. Ek wil in ’n James Bond-fliek speel. Al die rolle is van ’n slagoffer wat gered moet word en ek is reg om ’n skurk te speel. Dalk kan ek die vroulike James Bond vertolk en hoekom nie?”
WENS
“Ek hoop wanneer ek nie meer op aarde is nie, dat ek die pad ’n bietjie makliker vir diegene gemaak het wat na my kom. Ek voel as ek hierdie uitdagings gehad het, moet ek seker maak dat die pad ’n bietjie gladder vorentoe is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie