Namibiër maak golwe op St. Helena
Geskiedenis van slawerny bind Namibië, eiland
Annina van Neel was deel van die ontdekkings wat stories van slawerny laat ontvou het en wat gelei het tot die stryd van geregtigheid en respek vir die afgestorwe slawe.
In 2012 het die Namibiër Annina van Neel die wye oseaan aangevat en na die eiland St. Helena as ‘n omgewingsoffisier vir Basil Read, ‘n Suid-Afrikaanse konstruksiemaatskappy, gereis.
Van Neel sou nooit kon dink dat haar eerste werk ná universiteit haar na ‘n eiland meer as 6 000 km van haar tuisdorp sou neem nie.
Sy was onbewus daarvan dat sy deel sou wees van ‘n ontdekking en ‘n eeuelange stryd wat deel van haar lewenspad sou word. Van Neel is gebore en getoë in Windhoek en kom van Khomasdal. Sy bly sedert 2012 op St. Helena-eiland.
Van Neel was tydens die ontwikkeling van die eiland se lughawepad deel van die verdere ontdekking van die menslike oorskot van slawe wat deel van die Middeldeurgangweg (Middle Passage Way) gevorm het.
“Die geskiedkundige Rupertsvallei van St. Helena is as een van die mees geskiedkundige bewyse van die Trans Atlantiese Slawehandel,” sê Van Neel.
Sy het tydens die ontdekking ‘n projek van stapel gestuur om die oorskot van ongeveer 325 slawe te herbegrawe.
“Sedert die middel van die 20ste eeu is die menslike oorskot afgeskeep wat van wêreldwye belang is, en die ontwikkeling van verskeie regeringsprojekte het die omgewing beskadig waar die oorskot gevind is,” het Van Neel gesê.
Daarom het sy ‘n veldtog begin wat vir die regte en op die herbegrawing van die oorskot aandring.
Die projek is ook daarop gemik om herinneringe en erkenning aan die nalatenskap van die slawe te gee.
“As ‘n vrou van kleur en nadat ek grootgeword het in die era na post-kolonialisme en post-apartheid, het daaglikse rasse-ongelykhede my in die oë gestaar,” sê Van Neel.
Sy het gesê die ongelykhede is verder beklemtoon toe sy op Britse grond gewerk het.
Van Neel se storie en werk het die aandag van ‘n Europese filmspan getrek wat reeds besig was om die storie van die menslike oorskot wat op die eiland gevind is, te vertel.
Die span het in 2008 met die film begin toe argeoloë van die Bristol-universiteit in Engeland die menslike oorskot ontdek het. Onderhoude met die filmspan het eers in 2016 plaasgevind.
Die film, A Story of Bones, het internasionale erkenning by GoodPitch in Amerika gekry en het ‘n prys tussen ses internasionale films losgeslaan.
GoodPitch is ‘n organisasie wat films en filmspanne wêreldwyd bymekaarbring en wat stories vertel oor ongeregtighede en probleme wat die mensdom op ‘n daaglikse basis ondervind.
“Gedurende die opgrawings van die menslike oorskot kon ek nie slaap nie,” het sy in die film gesê.
Van Neel se veldtog het haar oraloor die wêreld geneem – Suid-Afrika, Amerika en Europa – met die filmspan wat kort op haar hakke was om alles te verfilm.
Volgens haar het sy met deskundiges gepraat in die veld van omgewingsbewaring en slawerny.
Sy was in kontak met onder meer die Verenigde Nasies (UN), kenners in die bedryf sowel as Unesco. In Suid-Afrika was sy by die apartheidsmuseum in Johannesburg.
“’n Plek wat baie betekenisvol vir my was terug by die huis, is die Herero-volksmoordmassagrafte,” sê Van Neel.
“Dis nog ‘n gemarginaliseerde geskiedkundige kulturele omgewing wat meer erkenning verdien deur dringende beskerming en behoorlike nasionale herdenking,” het Van Neel bygevoeg.
Sy hoop ook om ‘n stem te gee aan al die duisende ander soortgelyke omgewings waar grafte gevind is.
“Die veldtog was ‘n lang en uitdagende reis, maar baie belowend,” het Van Neel gesê.
Ná ‘n uitmergelende stryd oor die beskerming en nuwe gedenkgrafte, het Van Neel op videomateriaal afgekom wat bewys het die Verenigde Koninkryk was vir jare bewus van die grafte en het dit telkemale versteur.
Sy het daarna ná ses jaar as omgewingsoffisier van Basil Read bedank en werk nou by St. Helena se Nasionale Trust om haar passie vir kulturele herdenking en bewaring – veral die Afrika-massagrafte by Rupertsvallei – uit te lewe.
Van Neel het uitgereik na Peggy Jorde, ‘n Afro-Amerikaan wat aan ‘n soortgelyke projek in New York werk.
Die oorskot is vir jare in bokse by die Pipe Store in Jamestown langs die eiland se tronk gestoor en gaan vanjaar herbegrawe word ná 14 jaar van die argeologiese ontdekking en dekades ná die slawe se afsterwe.
Wetenskaplikes het DNS-toetse geneem en dit is bevind dat die menslike oorskot van die slawe van Namibië afkomstig is, asook Angola en die Kongo.
‘n Artikel wat Van Neel gedeel het oor die herbegrawing van die slawe, dui aan die regering van St. Helena wyk af van hul oorspronklike plan. Wat ’n projek van 12 maande sou wees teen ’n koste van ongeveer £100 000, word nou na ‘n driemaandeprojek afgeskaal teen ’n koste van ongeveer £25 000.
Die regering het ook besluit om stapelklippe te bou om die massagrafte aan te dui.
Die veldtog wat Van Neel lei, dring daarop aan dat die begrafnisse in die godsdiens van die slawe gehou word en nie die van die eilanders nie.
“Om ‘n begrafnis in die eiland se tradisie te hou, is om die kultuur van 23 500 slawe nie te respekteer nie,” luidens die artikel.
Van Neel kan by [email protected] vir meer inligting oor die veldtog, film en die herbegrawing gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie