Bertha Tobias Foto verskaf
Bertha Tobias Foto verskaf

Namibiër ontvang gesogte studiebeurs

Tanja Bause
“Ek wil alle Namibiese meisies aanmoedig om na die sterre te reik. Ons moet alle narratiewe teëstaan wat die wêreld op ons afdwing, terwyl ons meedoënloos ons eie weergawes van uitmuntendheid nastreef, bereid wees om te leer en jou visie te vertrou,” het Bertha Tobias gesê.

Bertha het die Rhodes-stigting se beurs vir Botswana, Lesotho, Malawi, Namibië en Eswatini (BLMNA) ontvang.

Dié beurs word aan een persoon uit die vyf lande toegeken. Vanjaar het 91 kandidate aansoeke ingedien – die meeste aansoeke nóg vir die BLMNA-streek, wat ’n bestendige toename in aansoeke oor die afgelope ses jaar getoon het.

Sy gaan in Oktober 2024 by die Universiteit van Oxford as een van meer as 100 studente van oraloor die wêreld aansluit om haar ten volle betaalde nagraadse studies te voltooi.

Ná ’n streng onderhoudsproses was Bertha die keurkomitee se eenparige keuse vir die gesogte toekenning.

“Woorde kan nie beskryf hoe dankbaar ek is vir almal wat my ondersteun het en my aan my krag tydens die keuringsproses herinner het nie.

“My grootste hoop is dat my keuring swart meisies van Namibië sal aanmoedig om waagmoedig te wees, ten spyte van wat die wêreld oor hulle gesê het.

“Die Rhodes-beurs bied volle ondersteuning vir twee jaar se nagraadse studie in enige dissipline aan die Universiteit van Oxford. Ek beplan om in my tweede jaar ’n MSc in volhoubaarheid, onderneming en die omgewing en ֹ’n MSc in waterwetenskap, beleid en bestuur te doen,“ het Bertha gesê.

Sy is tans besig om ’n BA (Hons) in internasionale betrekkinge (energiekonsentrasie en leierskap) by Claremont McKenna College in Kalifornië te doen.

Die Rhodes-beurs is die wêreld se vooraanstaande en oudste gegradueerde genootskap wat sedert 1903 by die Universiteit van Oxford aangebied word. Oor die afgelope 120 jaar is Rhodes-beurse aan byna 1 000 graduandi van Suider-Afrika toegeken.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!