Namibiërs kyk glo al hoe dieper in die bottel
Statistieke vir persone 15 jaar en ouer
Namibiërs verbruik 5.9 liter alkohol per persoon per jaar.
Ellanie Smit – Die jongste statistieke toon ’n aansienlike toename die afgelope twee jaar in die hoeveelheid alkohol wat deur Namibiërs verbruik is. Hoewel Namibië in 2017 die hoogste verbruiker van alkohol in Afrika was, is dit nou onder die 20 nasies wat die minste drink.
Statistieke wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) saamgestel is, wys Namibiërs verbruik 5,9 liter alkohol per persoon per jaar.
In 2021 het dié syfer op 3,1 liter per persoon per jaar gestaan, wat geweldig minder is as die massiewe 11,8 liter wat die WHO in 2017 aangeteken het vir die land.
Volgens die jongste statistieke is Namibië tans 15de op die lys van Afrikalande wat die minste drink met Benin wat die heel minste drink met 0,2 liter per persoon per jaar. ’n Ugandees drink jaarliks 12,21 liter alkohol en dié land is tans die hoogste verbruiker in Afrika. Die statistieke sluit in persone 15 jaar en ouer.
BIER
In 'n vorige verslag deur Japan se Kirin Beer University van sy jaarlikse opname oor wêreldwye bierverbruik vir die jaar 2019, was Namibië sesde ter wêreld geplaas met die algemene Namibiër wat 99,5 liter bier per jaar drink. Dit is kom neer op ongeveer 248 miljoen liter bier per jaar en sowat 22,4 bottels meer as die vorige jaar.
Volgens die destydse verslag was die Tsjeggiese Republiek die land wat die meeste bier gedrink het met 188,6 liter per persoon. Oostenryk en Roemenië was tweede en derde op dié lys en drink onderskeidelik 107,8 liter en 100,3 liter per capita. Duitsers was in die vierde plek met 99 liter.
Kirin het die wêreldwye bierverbruik sedert 1975 aangeteken deur data van brouersverenigings en bedryfstatistieke regoor die wêreld te versamel. In 2016 was Namibië 52ste uit 186 nasies wêreldwyd, terwyl bier die nommer een drankkeuse in die land was.
MINDER WYN
Die WHO se data vir alkohol-per capita-verbruik vanaf 2000 tot 2016, toon dat Namibiërs 7,84 liter per persoon per jaar verbruik het. Volgens hierdie statistieke het die totale verbruik van alkohol per persoon vanaf 2000 tot 2011 van 5,73 tot 7,84 liter toegeneem.
Gedurende dieselfde tydperk het Namibiërs minder wyn verbruik, met die verbruik wat van 0,88 tot 0,06 liter per persoon gedaal het. Bier het egter in daardie tydperk van 3,60 tot 7,30 liter toegeneem en sterk drank het van 0,21 tot 0,80 liter per persoon toegeneem.
WHO-projeksies dui daarop dat sowat drie miljoen sterftes wêreldwyd as gevolg van die gebruik van alkohol is.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie