'Namibiërs was goed vir my'
“Ek het nie baie uitdagings in Namibië gehad nie, veral omdat Namibiërs sulke goeie mense is. Selfs met my suiwer (pure) Engels het hulle aan die begin altyd die moeite gedoen om my te probeer verstaan,” sê Francisco Macucule van Mosambiek.
Hy is die Universiteit van Namibië (Unam) se eerste buitelandse student wat sy meestersgraad in astrofisika verwerf het.
Francisco sê sy bewondering met die hemelruim het al op ’n jong ouderdom begin.
“Ongelukkig was sterrekunde nie ’n veld wat wyd in my gemeenskap verken is nie en die verduidelikings het hoofsaaklik op tradisionele oortuigings staatgemaak,” verduidelik hy.
Dit was eers toe Francisco wetenskap begin studeer het dat hy astrofisika ontdek het.
“Hierdie veld het my van ’n wetenskaplike lens voorsien om die heelal te verstaan en die einste vrae wat my al jare lank boei,” sê hy.
Toe Francisco besluit het om sy meestersgraad in astrofisika te volg, het hy die kans gekry om deur die Suid-Afrikaanse Radio-astronomiese Sterrewag (Sarao) te studeer onder Unam se prof. Michael Backes en prof. Thinus Stander van die Universiteit van Pretoria.
Hy sê die feit dat studente inheemse tale by die universiteit gepraat het, het hom onkant gevang, aangesien dit nie die geval in Mosambiek is nie.
Hy sê ook dat hy die ooreenkomste tussen Namibiese tale en sy moedertaal, Changana, kon hoor.
“Ek het ook kollegas gehad wat altyd vir my oor die verskillende stamme vertel het en hoe die lewe in Windhoek is,” sê hy.
Francisco sal Namibië egter nie heeltemal agterlaat noudat hy sy meestersgraad in sy hand het nie, aangesien hy navorsing gaan doen in verband met die Africa Millimeter Telescope, wat naby Gamsberg geleë is.
Hy hoop ook om sy doktorsgraad na te jaag en streef daarna om ’n loopbaan as ’n astrofisikus te bou.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie