Namibiese nooi wen met haar ontwerpe
Linda Venter, 'n Namibiese meise wat tans as 'n eerste jaar aan die Noordwes Ontwerpskool (NWSD) in Klerksdorp studeer, se twee rok-ontwerpe het onlangs gesogte pryse by die Platinum Modefees verower.
Boonop het haar ontwerpe die voorblad van nuusblaaie gehaal: Beide die Klerksdorp Record asook die Klerksdorp Record Midweek het foto's van haar rokke op hul voorblad publiseer.
Venter sê die eerste rok moes 'n avant garde kledingstuk wees met 'n korset, 'n kopstuk asook gepaste romp of broek. Die tema met was die sewe doodsondes, met elke kleur wat 'n ander sonde verteenwoordig het. Sy was deel van 'n groep wat iets in pers moes ontwerp en wat die sonde "trots" verteenwoordig het.
Die ontwerp van Venter het die prys van "Showstopper of the Year" onder die eerstejaars gewen.
Op die foto verskyn Venter saam met die model Hazel More, war haar rok gedra het.
Nog 'n rooi rok met blomme wat sy ontwerp het, het veral die modewêreld aan die gons gehad. Sy sê dis vir 'n die spesiale kategorie "Principle's Surprize" ontwerp en vir die projek het sy saam met 'n mentor gewerk.
Venter was op Tsumeb Gimnasium op skool.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie