Namibië se helde op 26 Augustus gevier
Heldedag wat op 26 Augustus gevier word, word deur die Verenigde Nasies (VN) as Namibiëdag erken.
Dié datum val saam met die dag wat amptelik erken word as die begin van die gewapende stryd teen die voormalige koloniale mag Suid-Afrika op 26 Augustus 1966 by Omugulugwombashe – ook bekend as Ongulumbashe.
“Omugulu gwOombashe” is die Otjiherero-uitdrukking vir die been van ’n kameelperd. Vandag huisves dit ’n klein museum, ’n standbeeld van die Namibië se stigterspresident, dr. Sam Nujoma, sowel as ’n replika van vryheidsvegters by ’n beplanningsvergadering en ook verskeie grafte van helde.
Die Ongulumbashe-monument is geleë sowat 25 km wes van Tsandi op die D3633 waarop jy draai as jy Tsandi binnery.
Besoekers aan die gedenkterrein volg die C41 vanaf Oshakti verby Okahao in die rigting van Tsandi wat in die Omusatistreek geleë is. Die nedersetting self huisves ’n kliniek en ’n laerskool.
Die People’s Liberation Army of Namibia (PLAN)-bevelvoerder, John Ya Otto Nankudhu, was een van die bevelvoerders wat in 1966 gestuur is om Suidwes-Afrika te infiltreer. Die doel was om militêre opleidingskampe in die noorde van die land op te rig. Een van dié kampe was op Omugulugwombashe.
Op 26 Augustus 1966 het Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte die kamp aangeval en wat altyd beskou is as die begin van die gewapende konflik wat uiteindelik tot Namibië se onafhanklikwording op 21 Maart 1990 sou lei.
NAMIBIë SE STRYD-VERWANTE GEDENKTEKENS
Namibië het tans die volgende terreine ter herdenking van die stryd om vryheid.
1. Die Omugulugwombashe-gedenkteken is in 1996 voltooi om die 30ste herdenking van die Slag van Ongulumbashe op 26 Augustus 1966 te herdenk.
2. Die Heldeakker is ’n amptelike oorlogsgedenkterrein wat aan die suidelike buitewyke van Windhoek geleë is. Dit is op 26 Augustus 2002 geopen en opgerig om ’n gees van patriotisme en nasionalisme onder Namibiërs te kweek tot voordeel van toekomstige geslagte. Nege Namibiese helde en heldinne word hier onthou deur middel van spesiale gedenkstene:
a. Kahimemua Nguvauva (1850-1896), hoofman van die Ovambanderu,
b. Nehale Lya Mpingana (oorlede in 1908), koning van die Ondonga,
c. Samuel Maharero (1856-1923), opperhoof van die Herero,
D. Hendrik Witbooi (1830-1905), hoofman van die |Khowesin,
e. Jakob Morenga (1875-1907), guerrilla-leier,
F. Mandume Ya Ndemufayo (1894-1917), koning van die Kwanyama,
g. Iipumbu Ya Tshilongo (1875-1959), koning van die Uukwambi,
h. Anna Mungunda (1910-1959), uitsettingsbetoger van Windhoek se Ou Lokasie,
i. Hosea Kutako (1870-1970), opperhoof van die Herero
j. Hage Geingob wat op 4 Februarie 2024 dood is en ook die eerste Namibiese president wat by die Heldeakker begrawe is en herdenk word.
3. Die Eenhana-gedenkteken is die ligging van minstens vyf massagrafte van PLAN-vryheidsvegters wat tydens die onafhanklikheidsoorlog deur Suid-Afrikaanse magte doodgemaak is. Die gedenkteken word opgedra aan die “vroue en mans wat hul lewens opgeoffer het vir die vryheid van die land, wat gesterf het terwyl hulle Namibië van kolonialisme bevry het”. Dit is op 26 Augustus 2007 ingewy.
Die ontwerper en argitek Marley Tjitjo het voorheen verduidelik: “Die standbeeld self van ’n vrou wat ’n vlag vashou, in teenstelling met ’n man wat ’n geweer vashou, beklemtoon die lewens van vroue wat tydens hierdie oorlog geveg en kos aan vegters verskaf het.”
In die hoofstad en ná baie jare van onbruik, is die argitek Jaco Wasserfall met die hulp van die Amerikaanse ambassade en ander organisasies besig om die Alte Feste as ’n kulturele en historiese erfenisterrein te herontwerp en in ’n volksmoord-gedenkterrein te omskep.
Nuwe uitbreidings sal ’n volledige volksmoordmuseum insluit as deel van 'n geïntegreerde, maar moderne ontwerp.
In hierdie verband sal 28 Mei voortaan ’n openbare vakansiedag wees ter herdenking van die volksmoord op die Herero’s en Namas tussen 1904 en 1908.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie