Nedersetting in kleur getooi
Die informele nedersetting Okahandja Park met sy duisende sinkhuise is besig om ’n gedaanteverwisseling te ondergaan, of ten minste vir nou ’n klein gedeelte aan die buitewyke.
Die 22 huise wat reeds opgetof is, is langs Herefordstraat (die ou Brakwater-pad) geleë.
Die man agter die gedaanteverwisseling is die plaaslike kunstenaar Ndako Nghipandulwa.
“Twee jaar gelede het ek weer hier verbygery. Ek het bo-op die berg kom stilhou en ’n foto geneem. Hier was kinders wat gespeel het. Hulle het bande van hier bo die berg afgerol en ek het die kinders in die kunswerk gebruik waarmee ek besig was,” het hy gesê.
Nadat hy sy kunswerk voltooi het, het hy besef die mense in die skildery sal nie by sy werk baat vind nie en hy het terug na Okahandja Park gegaan
“Ek het vir die mense die kinders se foto’s gewys en hulle ouers opgespoor. Ek het vir hulle gesê wanneer ek die kunswerk verkoop, sal ek die geld aan hulle skenk.”
Hy het die kunswerk drie maande later verkoop en onder andere kos en skoolskoene met die geld gekoop.
“Toe ek teruggegaan het om die items uit te deel, het ek ’n huis gesien waar die eienaar op die deur geskryf het ‘Slaaf. Arm man’. Dit het my aangemoedig om die sinkhuise te verf en mooi te maak.
“Ek het gedink dit is hoe die man homself sien en as ek sy omgewing kan ophelder, kan hy homself dalk in ’n ander lig begin sien.”
Ndako het vir Lukas Dinyando, ’n elektrisiën wat in die deel van Okahandja Park woon, ontmoet toe hy begin verf het.
“Die mense wat hier woon is baie opgewonde oor hulle geverfde huise. Ons leer die gemeenskap om te verf en ook terselfdertyd om hulle omgewing skoon te hou.
“Almal wil hulle huis geverf hê, maar ons het nie genoeg verf nie. So ons verf mekaar se huise soos ons verf het. Die mense van die omgewing en van die buurt is gelukkig en hulle hou nou van hulle buurt,” het Lukas gesê.
Ndako sê hulle het 22 huise in 15 dae geverf met nog sowat 100 huishoudings in dieselfde buurt wat vir verf wag.
“Ek wil volgende jaar ander kunstenaars by die projek betrek. Ons wil graag aanhou om te verf en die positiwiteit uitbrei; ons benodig net verf.
“Die projek het begin met ’n toelaag wat ek van die Nasionale Kunsteraad ontvang het. Intussen het ek al N$8 200 van die publiek ontvang om nog verf te kan koop. Talle mense kontak my ook en bied hulle hulp aan om te verf.”
“As mense verf het wat rondstaan en hulle dit nie meer gebruik nie, kan hulle my kontak. Ek sal dit hier gebruik, solank dit net waterverf is. Enige kleur of hoeveelheid is welkom. Ons het net verf nodig; die mannekrag en wilskrag het ons in oorvloed.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie