Nege maande te voet na Hentiesbaai
Sweedse vrou stap 6 000 km deur Afrika
Haar rug en voete is 'af', maar Emma plaas moedig een voet voor die ander om haar staptog binne twee of drie weke op Hentiesbaai te voltooi.
’n Ses-en-dertigjarige vrou van Swede, Emma Vånemo, wat tans in Namibië vir liefdadigheid stap, het gister laat weet sy en haar ma het veilig by die Waterberg aangekom.
Hulle het Maandagaand tot bo-op die ikoniese berg geklim om die sonsondergang te besigtig, waarvandaan hulle nou verder sal stap om haar staptog vanaf Zanzibar oor sowat twee of drie weke teen die Namibiese kus te voltooi.
Vånemo sal dan reeds vir langer as nege maande stap en ook die eerste vrou wees om sentraal-Afrika te voet te deurkruis. Haar ma het nou vir twee weke by haar aangesluit.
Haar staptog vanaf Afrika se ooskus tot die weskus het einde Januarie vanjaar in Zanzibar begin. Intussen het sy reeds meer as 6 000 km afgelê en moes sy ook ompaaie loop weens landsgrense wat weens Covid gesluit was.
Sy doen dit ten bate van die liefdadigheidsorganisasie Doctors Without Borders (meer inligting by https://egen-insamling.lakareutangranser.se/fundraisers/a-walk-across-africa).
Ander redes waarom sy die moeilike taak aangepak het, is vir die avontuur, om iets te doen wat buite haar gemaksone is en omdat sy nog altyd ’n nuuskierige mens was.
UITDAGEND
“Hierdie deel van die roete is egter uitdagend. My ma sal nog sowat ’n week lank saam met my stap. Dit beteken ook ek kan nie so vinnig loop soos altyd nie. Ons laat haar dus in ’n voertuig klim as dit nodig is,” het Vånemo gisteroggend vanaf Waterberg laat weet.
Tydens ’n onderhoud verlede Donderdag met haar langs die pad naby Rietfontein, het sy gesê sy stap sowat 35 km per dag en rus net een dag per week.
Sy sê boere help haar langs die pad en bied vir haar oornagplek aan. “Hulle is so vriendelik, daar is nooit werklik probleme nie,” vertel sy.
Alhoewel dit haar derde besoek aan Namibië is en sy voorheen vanaf die Kaap per fiets deur Wes-Afrika gereis het, leer sy steeds elke dag iets nuuts.
“Mense in Afrika doen alles wat hulle kan om te oorleef. Ons het eintlik ’n baie ‘maklike’ lewe in Swede.
“Ek hou daarvan om terug te gaan na hoe dinge was, terug na my wortels. Dit is ’n proses wat jou geestelik afbreek totdat jy breekpunt bereik. Dan het jy twee opsies – of jy gee op, of jy druk deur.
“Dit is interessant wat met jou gebeur as jy daardeur gaan – uiteindelik is dit ’n lonende proses en daarna waardeer jy die lewe soveel meer,” vertel Vånemo.
VOLTOOI
Sy wil haar ikoniese staptog op Hentiesbaai voltooi.
“Mense vertel my dat dit so ’n besonderse plek is en ek is so opgewonde. Ek dagdroom oor daardie dag wat ek in die dorp sal aankom – hoewel ek mal is oor Namibië, wil ek hierdie nou net verbykry ná so ’n lang tyd.
“Ek is uitgeput. My voete en rug is seer,” het sy gesê.
Sy dra reeds haar vierde paar skoene en dra ’n sak saam met haar wat sowat 22,5 kg weeg.
“Ek dra tans meer water en kos saam met my as gewoonlik, want die volgende winkel is baie ver weg,” sê sy.
“Die natuur is wonderlik, die mense is wonderlik. Die armste gesinne sal vir jou kos maak. Al het hulle niks, hulle sal altyd mooi na jou kyk en kos vir jou gee.
“Die een ding wat ek nooit van hierdie staptog sal vergeet nie, is toe ’n gorilla in Rwanda my oor die kop geslaan het. Een van die wyfies het naby aan my gekom en op haar bors geslaan. Toe slaan sy my oor die kop,”vertel sy.
Dit was ook vir haar ’n belewenis om leeus in Livingston te streel.
Vånemo sê tydens die staptog was sy net drie keer bang – en elke keer was dit vir honde. Dit kom nadat ’n hond haar in Zambië gebyt het.
Sy sê sy het vir baie jare as ’n sekuriteitswag in Swede gewerk en het intussen haar opleiding as ’n brandweervrou voltooi. Sy sal haar loopbaan hervat wanneer sy na Swede terugkeer.
Mense wat haar vordering wil dophou, kan haar op Instagram onder “Emma Vånemo” volg. Sy verwelkom ook enige skenkings en bydraes aan Doctors Without Borders.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie